Gerhard Barnard, ook bekend as die Brixton Moord en Roof Orkes se kitaarspeler Kapelaan Pat Plank, is in sy ander lewe as beeldhouer besig om ‘n groot nuwe werk te voltooi. Hierdie beeldhouwerk se titel is “The Juggler”. Die foto’s kom uit sy ateljee in Velddrif op die Weskus.
Verder is Gerhard besig om track sop te neem vir die band se volgende album. Hou die ontuisblad dop vir meer hieroor, of volg die band op YouTube.
Meer oor Gerhard Barnard as beeldhouer by sy website.
On the theme of trips and trivia, “Geraamtes in jou kas” is one of the Brixton Moord & Roof Orkes’s darkest songs. It comes from the band’s first album Spergebied (2002) and deals with the country’s troubled and violent history. It excavates the time and atmosphere when white, male conscripts were stationed in the country’s black townships in the 1980s. Generally, this is not a topic people want to be reminded of, but despite this, the track proves to remain popular on streaming services. “Geraamtes in jou kas” is one of the band’s most listened to songs on platforms such as Spotify and Apple Music. Maybe it is because of a reminder in the song that societies, like individuals, cannot permanently bury their past. It could also be Esme Evakwaad’s haunting background vocals.
Perhaps this thoughtful blog by John Samson explains why some people find meaning in listening to the track. The blog was published as part of a series on 1001 South African songs you have to listen to “before you go deaf”. In the blog he analyses the song’s lyrics and puts those in historical context.
Here is an English translation of the text:
THE SKELETONS IN YOUR CLOSET
A hand comes through your window And your lightbulb is an eye that stares Your ceiling starts to buckle downward And fingernails scratch beneath the floorboards
‘Cause you know, you know The skeletons in your closet have begun to stir
The clothes are crawling in the tumble dryer And your boots are dancing in the hall Your backpack slowly opens by itself And grins along with your old coat on the wall
‘Cause you know, you know The skeletons in your closet have begun to stir
You remember the dust On the streets of a township And the hatred in their eyes At the end of your rifle
‘Cause you know, you know The skeletons in your closet have begun to stir
You remember the fires And the wheels of a Casspir And the smell of burning rubber Through the filter of your gas mask
‘Cause you know, you know The skeletons in your closet have begun to stir
So pull your hat down low over your eyes For Sharpeville and for Boipatong And swing from your dream So your shoes never get muddy From the earth beneath your feet Here and there mixed with blood
‘Cause you know, you know The skeletons in your closet will keep on stirring The skeletons in your closet will stir forever
Ockert Greeff, Brixton Moord en Roof Orkes’ drummer, has just published a new poem in the literary journal New Contrast. About this, he writes on social media: “As I have a little soldier of a poem, ‘Cold Bulb Hung,’ and I’m very happy to say it has marched straight into the pages of New Contrast Literary Journal, one of South Africa’s longest-running and most respected literary journals […] Somehow, my foot soldier now finds himself standing at attention in the very fine company of Damon Galgut, Gabeba Baderoon, Malika Ndlovu and others […] Salute to the editors for giving this poem a place to stand.” The journal’s cover art, in the picture, is by Ruschka du Toit and the special issue of the journal appears in memory of Diana Ferrus and Zoë Wicomb. The New Contrast website is here and you can buy a digital copy of the journal edition with Ockert’s poem here.
Other poetry news from Ockert is that his poetry manuscript “I Do to You” has been listed as a semi-finalist in the 2026 Wolfson Press Chapbook Prize. This prize is awarded by Wolfson Press, a nonprofit organisation attached to Indiana University South Bend. The winning manuscript is published and added to their esteemed literary catalogue. You can read more about this award here.
News from the Brixton Moord & Roof Orkes is that work on a new album has started. A number of new compositions are already on the boil and the recording of one of the tracks has been completed. But band members are also busy with other creative outlets. As reported previously, the band’s drummer, Ockert Greeff, was the winner of the 2024 Vallum Chapbook poetry award. An insightful interview with him has just been published, with him commenting on the link between drumming and writing poetry. Read it here, or sommer just click on the image.
Other news is that Gerhard Barnard, otherwise the band’s guitarist and now also bass player, has produced a number of new sculptures. Some of these have already been sold by his gallery. His latest works have moved from abstract to figurative, with Barnard proving what he is capable of as sculptor.
Finally, Andries Bezuidenhout, the band’s rhythm guitarist and vocalist, is involved in a multidisciplinary exhibition titled “Juxtaposition and value” that will open at the University of Fort Hare’s campus in eDikeni on 19 February. The exhibition, and a corresponding colloquium, explore the interconnectedness of water, energy and food. Bezuidenhout has produced a video for this upcoming exhibition, with music that draws on guitar and bass tracks recorded by Gerhard Barnard for the band’s forthcoming album. The video documents a mural art project at the Mdantsane Art Centre near East London in the Eastern Cape.
‘n Nuwe gedig deur Ockert Greeff – of Moord Greeff, soos die Brixton Moord en Roof Orkes se drummer bekend is – is pas in die New Ohio Review gepubliseer. Sy gedig se titel is “The Hair Cutting”. Die band is nogal trots om sy naam saam met iemand soos Billy Collins in die Review se inhoudsopgawe te sien. Lees Ockert se gedig hier. Daar’s ook meer inligting oor Ockert by sy eie website.
Verder het ‘n gelukkige koper van een van Gerhard Barnard se beeldhouwerke ‘n foto gestuur van hoe die beeldhouwerk nou in ‘n woonstel in New York lyk. Gerhard is natuurlik ook bekend as Kapelaan Pat Plank, die band se kitaarspeler. In die foto’s hier onder is drie van Gerhard se nuutste beelhouwerke – die een in die middel is die werk wat nou op die kaggel in New York staan.
Kapelaan Pat Plank se naam in die regte lewe is Gerhard Barnard. Hy is ‘n beeldhouer en musikant en woon in Velddrif in die Wes-Kaap. Hy het in 2002 reeds as lid van die Brixton Moord & Roof Orkes aangesluit, aanvanklik as elektriese kitaar-speler, maar deesdae ook baskitaar. Hy skryf van die band se musiek – onder andere die wysies vir twee van die band se gewildste songs, naamlik “Vis” (van die album Terug in skubbe) en die immergroen “C-Maximus” van die album Slaaptyd in die suburbs. Meer onlangs het hy ook begin om lirieke te skryf, soos “Die groot skabenga” van die album Bazaar punk en “Babelaas in Brixton” van die album Strate sonder bome. Vir laasgenoemde twee tracks het hy die musiek ook gekomponeer.
‘blissful slumber’, Gerhard Barnard, klip en klei, 25x15x10cm. Foto: Fomo Art Gallery
‘That’s My Star’, Gerhard Barnard, klip en draad, 13x18x9cm. Foto: Fomo Art Gallery.
Gerhard se beeldhouwerke is beskikbaar deur die galery wat hom verteenwoordig – kyk hier. Of by sy persoonlike website.
Moord Greeff, andersins bekend as Ockert Greeff, is ‘n digter en drummer wat in Montreal, Kanada woon. Hy is, saam met Roof Bezuidenhout, een van die twee stigterslede van die Brixton Moord & Roof Orkes. Hy is die band se drummer en percussionist en skryf ook lirieke. Hy is byvoorbeeld verantwoordelik vir die liriek van “Vis” van die album Terug in skubbe – ‘n slinkse verwerking van DJ Opperman se waarskuwing (in Komas uit ‘n bamboesstok) teen menslike regressie (of devolusie). In “Vis” omhels Moord Greeff die idee van omgekeerde evolusie, maar die oënskynlike bravade in die liriek is ook tog ‘n tipe waarskuwing. Ander lirieke deur Moord Greeff is “Witwolke” van die album Spergebied, “Liena Mondegreen se filosofie” van Bazaar punk, asook die titelsnit van die album Strate sonder bome.
Van sy gedigte is in letterkundige tydskrifte soos New Ohio Review, Ons Klyntji, South Florida Poetry Journal en Thimble Literary Magazine gepubliseer. In 2024 is hy aangewys as die wenner van die Vallum Chapbook Award. Van sy video’s wat gedigte en drumming kombineer, is by ‘n aantal filmfeeste vertoon, onder andere die Raleigh Film & Art Festival en die Small File Media Festival by Simon Fraser Universiteit.
Roof Bezuidenhout, soms ook bekend as Andries Bezuidenhout, is saam met Moord Greeff een van die Brixton Moord & Roof Orkes se twee stigterslede. Hy woon in Alice in die Oos-Kaap. Hy is ‘n musikant, digter en skilder. In die band speel hy meestal akoestiese kitaar en sing. Hy het ook die band se laaste twee albums by sy tuis-studio gemeng. Hy is verantwoordelik vir tracks soos “Geraamtes in jou kas” van die album Spergebied, “Spoed” en “Fortuinverteller” van Terug in skubbe, asook “Vrou op die trein in die skildery” van Strate sonder bome.
Karien du Plessis, Roof Bezuidenhout se skoonsuster, het in 2007 saam met die band in Roof se diesel Toyota Condor Mosambiek toe gery. Die band moes soontoe ry om by die Strab rock festival op te tree. Karien lewer met ‘n skerp sin vir ironie verslag oor die trip – in pynlike detail, wat die band eintlik in ‘n baie slegte lig stel. Hulle het verdwaal en was bitter amper laat vir die set wat hulle moes speel. Dis onder protes dat die stuk hier geplaas word, maar as die band se bestuur het ons ook ‘n sê. Of hoe? Lees die hele stuk, want dis regtig snaaks. Die meisie wat Ockert in die bar ontmoet het, is waarskynlik Liz, die Kanadees met wie hy uiteindelik getrou het.
Die Brixton Moord en Roof Orkes is waarskynlik een van die min Afrikaanse bands wat nou al vir meer as twee dekades lank musiek opneem en vrystel. Come to think of it, ʼn mens sou dieselfde van die Buckfever Underground ook kon sê. Nietemin, die Brixton Moord en Roof Orkes is in 1999 deur Andries Bezuidenhout (Roof) en Ockert Greeff (Moord) begin. Die naam is ontleen aan die berugte polisie-eenheid, die Brixton moord en roof-eenheid – “Brixton murder and robbery squad” in Engels. Albei die stigterslede het in Brixton gewoon en het by hul local bar, die Albelarde Sanction, tydens open mic-sessies besluit om ʼn band te begin. In hierdie tyd het die band vir die eerste keer as duo by Oppikoppi opgetree. Andries het op ʼn nylonsnaarkitaar gespeel en Ockert op ‘n djembe-trom. Die aanvanklike musikale benardering was meer folk as rock en die band se ietwat agressiewe naam is so half ironies bedoel. Die band het glad nie geklink soos ʼn mens sou verwag nie en het eerder introspektiewe songs met ʼn fokus op digterlike lirieke aangebied.
Weldra het die band se klank van folk af rock toe beweeg, maar die aandag aan goeie lirieke het gebly. Toe Ockert ʼn volle drum kit aanskaf (ʼn Tama-stel) moes die band ʼn baskitaarspeler kry en weldra het Steve Savage, die baskitaarspeler van Shark Brother, een van die ander bands wat Albelarde regulars was, by hulle aangesluit.
Van links af, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff en Brixton Savage in die Abelarde Sanction in Brixton, ongeveer 2000 of 2001.
Die band by die Bingo in Brixton, ʼn vroeë publisiteitsfoto. Van links af, Moord Greeff, Brixton Savage en Roof Bezuidenhout, ook ongeveer 2000 of 2001.
Steve Savage het drie tracks opgeneem wat as EP op ʼn website genaamd Digital Cupboard vrygestel is. Die opnames is helaas vir ewig verlore. Steve is ʼn geoloog en het Zambië toe verhuis vir werk. Die band het Drikus Barnard, ʼn ander Abelarde Sanction regular, gevra om Steve se plek in te neem. Hy is toe as Brixton Barnard herdoop. Hierdie drie het ʼn eerste album by Paul Riekert se studio in Albertsville opgeneem wat in 2002 as Spergebied vrygestel is. Die drums is by die SAUK se RP Studios opgeneem. Clair Cantrell – ook bekend as Esmé Evakwaad – het met haar ryk stem backing vocals op die album gedoen, wat aan die album ʼn besonderse atmosfeer verleen het.
‘n Foto van die band deur Sally Shorkend wat in die tydskrifInsig verskyn het. Van links af, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff en Brixton Barnard.
Foto: Toast Coetzer, Esmé Evakwaad en Roof Bezuidenhout by Aardklop se rock festival, waarskynlik in 2002 0f 2003.
Kort na die vrystelling van Spergebied het Drikus se broer Gerhard Barnard as elektriese kitaarspeler by die band aangesluit – hy sou as Kapelaan Pat Plank bekendstaan. Plank was Drikus en Gerhard se ander band, saam met Esmé Evakwaad – ʼn ware underground punk band.
Foto: Magriet Theron. Moord Greeff in Brixton, 2002.
Foto: Magriet Theron. Brixton Barnard in Brixton, 2002.
Foto: Magriet Theron. Kapelaan Pat Plank in Brixton, 2002. Die verlore swart hond sou meer as twee dekades later ‘n rol speel in ‘n liriek op die band se album “Strate sonder bome” (2023).
In 2004 is die band se volgende album vrygestel – Terug in skubbe. Dis weer by Paul Riekert opgeneem. Die drums is by Peter Auret opgeneem en hy het ook een van die tracks – die immergroen “Paul van der Zandt” opgeneem en gemeng. Op die album was ook ʼn liriek deur Koos du Plessis, wat deur sy dogter Karla getoonset is, naamlik “Dagboek van ʼn swerwer”.
Die launch van “Terug in skubbe” by die Bohemian in Richmond, 2004. Van links af, Brixton Barnard, Moord Greeff, Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank.
Die band saam met Karla du Plessis by Aardklop se rock festival, waarskynlik in 2004 of 2005.
In hierdie tyd het die band gereeld by rock festivals by plekke soos Oppikoppi en die Klein Karoo Nasionale Kunsfees in Oudtshoorn opgetree. Die track “Fortuinverteller” is op RSG geplaylist – waarskynlik die grootste wonderwerk in die band se geskiedenis, gegewe die tipe musiek wat tipies in daardie tyd op RSG gespeel is. “Spoed” en “Fortuinverteller” is in die TV reeks Orion gebruik, met Neil Sandilands in die hoofrol. ʼn Video vir “Spoed” is op MK89 uitgesaai, wat baie gehelp het om die band aan ʼn groter gehoor voor te stel. Die band het selfs op die soap opera Egoli verskyn, ʼn vreemde besluit vir ʼn underground band van Brixton. Brixton Barnard sou later bieg dat hy ingestem het net om Brümilda van Rensburg te kon ontmoet.
Oppikoppi Easter Festival, 2002.
Oppikoppi in 2006, Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank.
By Steak & Ale in Centurion, een van die plekke waar die band baie goed ondersteun is.
Poster vir optrede by die Mystic Boer in Stellenbosch.
ʼn Hartseer oomblik vir die band was toe Moord Greeff besluit het om Kanada toe te verhuis. In daardie tyd was hy in ʼn ernstige verhouding met ʼn Kanadees wat hy in Melville ontmoet het. Hulle is later in Montreal getroud en woon steeds daar. Die band se laaste gig in hierdie formaat was in die Bohemian in Richmond, Johannesburg.
Laaste optrede in die Bohemian voor Moord Kanada toe verhuis het.
Vir ʼn tyd na Ockert se vertrek was Andy Evans, wat ook saam met Drikus en Gerhard in Plank was, die band se drummer. Hy het ʼn video saam met die band vir die track “Vis” in die Bohemian opgeneem.
In kostuum vir die “Vis” video, van links af is Kapelaan Pat Plank, Roof Bezuidenhout, Andy Evans, Brixton Barnard.
Poster vir ‘n Steak & Ale gig saam met Die See.
Vanaf die vroeë-2010s was die band in ʼn tipe hiatus toe lede van die band op ander musikale projekte gefokus het. Drikus het Roof se tweede solo album opgeneem en gemeng. Self het Drikus op sy duo saam met Clair Cantrell (oftewel Esmé Evakwaad) genaamd Trike gefokus. Later in die dekade is die Brixton Moord en Roof Orkes egter weer revive, toe met Louis Graham as drummer. Die vierluik het weer begin optree en ʼn volgende album opgeneem. Die CD is uiteindelik in 2014 as Slaaptyd in die suburbs as ʼn oplaag van 100 boeke met lirieke en afdrukke van skilderye deur Marguerite Visser vrygestel. Die volgende jaar is dit ook in gewone CD-formaat uitgegee.
In Oudtshoorn, met Louis Graham op drums, foto deur Willim Welsyn.
In 2015 het Brixton Barnard die gebruik van een van sy arms verloor en kon nie meer baskitaar speel nie. Met ʼn reeks optredes saam met Gert Vlok Nel moes sy broer Gerhard hom begelei. In daardie tyd het Ockert (Moord Greeff) Suid-Afrika besoek en ʼn optrede by die skrywer en dramaturg Harry Kalmer se huis in Observatory in Johannesburg was die laaste keer wat die vier saam op een plek was. Drikus se vermoë om te kommunikeer het ook agteruitgegaan. Daar is toe vasgestel dat daar ʼn gewas op sy brein was. Omdat Drikus ʼn voltydse musikant was, het hy nie ʼn mediese fonds gehad nie. ʼn Hele groep musikante het ʼn benefit konsert by die Melkery buite Pretoria vir Drikus se operasie gehou en genoeg geld is ingesamel om te betaal sodat die gewas van sy brein verwyder kon word. Met die operasie is daar ongelukkig vasgestel dat die gewas veel groter was as wat aanvanklik gereken is. Drikus is kort daarna oorlede, maar die operasie het gemaak dat hy vir sowat drie maande weer helder kon kommunikeer. Hy is by sy broer Gerhard se huis in Pretoria dood en ʼn hele aantal van die band se ondersteuners het hul bes gedoen om sy laaste maande so gemaklik as moontlik te maak.
Die laaste keer toe die band saam in een plek was, by Harry Kalmer en Sanpat Hattingh se huis in Observatory, Johannesburg, in Maart 2015. Van links na regs: Kapelaan Pat Plank, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff, Brixton Barnard. Gert Vlok Nel en Brixton Barnard het die aand opgetree.
In 2019 het Ockert Greeff Suid-Afrika weer besoek. Daar is besluit om ʼn tipe reünie gig te doen, met beide Ockert en Louis Graham op drums. In Drikus se afwesigheid het Simon Kruger van die band Nul baskitaar gespeel. Die gig was by die Jarr Bar in Pretoria, op 14 Desember 2019. Louis het drums tydens die eerste set gespeel, meestal songs van die album Slaaptyd in die suburbs, wat hy saam met die band opgeneem het. Ockert was die drummer vir die tweede set, met musiek van Spergebied en Terug in skubbe af, wat hy weer saam met die band opgeneem het.
Poster vir die gig by Jarr Bar.
In 2020 het die band gereed gemaak om ʼn gig by Strab te doen, ʼn festival wat jaarliks deur scuba-duikers in die suide van Mosambiek gehou word. Baie van die ou Oppikoppi crowd woon tipies hierdie festival by en die band het al ʼn vorige slag daar opgetree. Daardie jaar het die Covid-19 pandemie egter uitgebreek en Strab is noodgedwonge afgestel. In Mei 2021 is Louis Graham aan Covid oorlede, nog tydens die lockdown-periode. Wat die tragedie soveel erger gemaak het, is dat van sy familie, vriende en mede-bandlede die begrafnisdiens op die web moes volg.
Louis Graham, watSlaaptyd in die suburbs saam met die band opgeneem het. Hy is in 2021 aan Covid oorlede.
In die lockdown tyd het Andries van sy tyd gebruik om sy musiekproduksievaardighede te verbeter, met behulp van gesprekke met Willem Möller oor e-mail en ʼn solo album waaraan Andries aan die opneem en meng was. Andries het in daardie stadium in Alice in die Oos-Kaap gewoon, Gerhard in Pretoria, en Ockert steeds in Montreal. Kort voor hy dood is, het Drikus agt tracks opgeneem vir ʼn volgende album vir die band. Hierdie tracks was rofweg opgeneem vir Andries om na te luister en om dan verdere songs vir die album te skryf – as ʼn tipe tweegesprek. Andries en Gerhard het kopieë van hierdie tracks op hul rekenaars se hardeskywe gehad, maar nie een van die twee het daarvoor kans gesien om daarna terug te keer nie. Na Louis se dood het Andries, Gerhard en Ockert begin kommunikeer (meestal op WhatsApp) oor Drikus se agt tracks. Hulle het saam aan ʼn album begin werk as ʼn tipe huldeblyk aan beide Drikus en Louis. Die resultaat was Bazaar punk, wat in Januarie 2022 vrygestel is.
Roof verduidelik hoeBazaar punk onstaan het.
Bazaar punk sou nie die band se laaste album wees, soos verwag is nie. Die drieluik het aanhou gesels en tracks heen en weer tussen Suid-Afrika en Kanada stuur. Al drie het in beter klank-ateljees belê in Desember 2023 is die volgende album Strate sonder bome vrygestel.