Met Main Reef Road langs – musiekvideo

Van die album “Bazaar punk” (2022). Iemand wat van die Kaap af terug Johannesburg toe ry op soek na iets wat hy daar verloor het en steeds nie kan vind nie. Van die teks in die video se agtergrond kom uit ‘n hoofstuk deur die historikus Charles van Onselen met die titel “The Main Reef Road into the Working Class” uit ‘n klassieke boek oor Johannesburg se geskiedenis. Main Reef Road sterk van Springs tot Randfontein en trek ‘n streep van die Oos-Rand dwarsdeur Johanneburg se suide, tot by die Wes-Rand. Daar is ook verwysings na ander straatname, soos Robert Broom en Beyers Naude. In Afrikaans word “Main Reef Road” vertaal as Hoofrifweg, maar min van ons Johannesburgers gebruik die Afrikaanse naam. ‘n Video oor herkoms en vervreemding en wat gebeur as die son jou deur jou kar se voorruit verblind.

Val – musiekvideo

Van die album “Bazaar punk” (2022). Die video is gemaak met uittreksels uit films van Buster Keaton en Charlie Chaplin, asook Alfred Hitchcock se klassiese film “Vertigo”. Geen video oor mense wat beter weet hoe om te val as om te stap kan sonder daardie verwysing nie.

Kleurvolle tradisie – musiekvideo

Die tune is van lank gelede, maar die video het eers op 16 Desember 2025 uitgekom – heel toepaslik, waarskynlik. Wyle Brixton Barnard se humoristiese blik op die absurditeite van kultuur en verbruikerskultuur met beelde uit die 1990s, asook ‘n paar uit ‘n klassieke Soviet-era film deur Dziga Vertov.

Trane van ‘n terroris – musiekvideo

Van die album Terug in skubbe (2005, Rhythm Records). Oor hierdie video skryf Roof Bezuidenhout op Facebook:

“My great-grandfather was a mineworker and a terrorist. During the South African war (1899-1902), he blew up railway tracks. He was captured by the British imperial forces and sentenced to death. Because his name was so complicated – he was Andries Jacobus Burger Rossouw – the clerk who penned the execution order wrote down his initials in the incorrect order. Due to the error, he was sent into exile to Sri Lanka (then Ceylon) instead. He returned to South Africa and the gold mines of Johannesburg after the war. In the end, he died from silicosis at the age of thirty and was buried in the Braamfontein cemetery.
“This is a new music video for an old song by the Brixton Moord and Roof Orkes, written by the late Brixton Barnard. It has an epic guitar solo at the end by Kapelaan Pat Plank, also known as Gerhard Barnard, the band’s guitarist and a sculptor in his other life. He is also Brixton’s older brother.
“I dedicate this song to all those of us who don’t fit into preconceived notions of what we should be doing and who we should be. The video contains images of other people who were considered to be terrorists by their own people – including Beyers Naudé, Breyten Breytenbach, and Bram Fischer.
“We performed a version of this song earlier this year at the Breytenbach Centre in Wellington, Breyten Breytenbach’s parents’ old boarding house that now serves as an art and community centre.”

Bliksemstraal – musiekvideo

Van die album “Slaaptyd in die suburbs” (2014). Woorde en melodie deur Brixton Barnard en dis ook hy aan die woord. Die video is gemaak met vintage video footage van die ontploffing van die Zeppelin, asook ‘n Amerikaanse opvoedkundige video oor hoe om tornado’s te hanteer.

Die sesde dag se eerste beweging – musiekvideo

Van die album Bazaar Punk (2022), die eerste track. Hier skep Brixton Barnard die atmosfeer vir die hele album – iemand wat terugkeer na die dorp waar hy groot geword het. Kapelaan Pat Plank se kitaarspel beklemtoon die atmosfeer. Dis ‘n Saterdagoggend en die eerste trein het pas aangekom.

Getrou aan die wit baksteenbebou – musiekvideo

Een van wyle Brixton Barnard se heel mooiste songs, van die album Bazaar punk. Oor daardie dorpshotel waar daar net ou in die kroeg oorbly en die kamers deur spoke bewoon word. Die video gebruik materiaal uit vintage films, asook materiaal van ou hotelle in Suid-Afrika. Geen van die hotelle in die video is die een waarna in die liriek verwys word nie – daardie een is heeltemal te sad om te verfilm.

Duiwelsbrood – musiekvideo

Van die album Bazaar Punk. Die video gebruik materiaal uit ‘n klomp vintage horror films, sommige uitstekend en klassiek, ander so swak dat die horror in komedie verander. Die materiaal kom meestal uit die films se lokfilms (trailers), o.a. die klassieke gruwelfilm “Nosferatu” (1922) uit Duitsland, “The Ghoul” (1933), “The House on Haunted Hill” (1959), “Carnival of Souls” (1962), “The Old Dark House” (1932), “The Body Snatcher” (1945), “Master of Horror” (1965) en “Attack of the 50 Foot Woman” (1958), op tragikomiese wyse seker een van die swakste films wat ooit gemaak is. Daar is ook beelde uit boeke wat in die ou dae in Afrikaanse skole voorgeskryf is, veral uit die Trap der jeug-reeks, wat in die song genoem word. Musiek en woorde deur Kapelaan Pat Plank.