News from the Brixton Moord & Roof Orkes is that work on a new album has started. A number of new compositions are already on the boil and the recording of one of the tracks has been completed. But band members are also busy with other creative outlets. As reported previously, the band’s drummer, Ockert Greeff, was the winner of the 2024 Vallum Chapbook poetry award. An insightful interview with him has just been published, with him commenting on the link between drumming and writing poetry. Read it here, or sommer just click on the image.
Other news is that Gerhard Barnard, otherwise the band’s guitarist and now also bass player, has produced a number of new sculptures. Some of these have already been sold by his gallery. His latest works have moved from abstract to figurative, with Barnard proving what he is capable of as sculptor.
Finally, Andries Bezuidenhout, the band’s rhythm guitarist and vocalist, is involved in a multidisciplinary exhibition titled “Juxtaposition and value” that will open at the University of Fort Hare’s campus in eDikeni on 19 February. The exhibition, and a corresponding colloquium, explore the interconnectedness of water, energy and food. Bezuidenhout has produced a video for this upcoming exhibition, with music that draws on guitar and bass tracks recorded by Gerhard Barnard for the band’s forthcoming album. The video documents a mural art project at the Mdantsane Art Centre near East London in the Eastern Cape.
‘n Nuwe gedig deur Ockert Greeff – of Moord Greeff, soos die Brixton Moord en Roof Orkes se drummer bekend is – is pas in die New Ohio Review gepubliseer. Sy gedig se titel is “The Hair Cutting”. Die band is nogal trots om sy naam saam met iemand soos Billy Collins in die Review se inhoudsopgawe te sien. Lees Ockert se gedig hier. Daar’s ook meer inligting oor Ockert by sy eie website.
Verder het ‘n gelukkige koper van een van Gerhard Barnard se beeldhouwerke ‘n foto gestuur van hoe die beeldhouwerk nou in ‘n woonstel in New York lyk. Gerhard is natuurlik ook bekend as Kapelaan Pat Plank, die band se kitaarspeler. In die foto’s hier onder is drie van Gerhard se nuutste beelhouwerke – die een in die middel is die werk wat nou op die kaggel in New York staan.
“Ontdekkersweg” kom van die album Strate sonder bome (2023). Oor als wat ‘n mens tweedehands op Ontdekkersweg kan vind – met ‘n toepaslike country twang. Ontdekkersweg verbind Mogale City (voorheen Krugersdorp) aan Johannesburg. As jy daarin ry, in Johannesburg se rigting, mond die straat uiteindelik in Brixton uit. Jy kan die Brixton-toring sien, al van Florida se kant af. Die video is in Ontdekkersweg deur Simon van Garderen en Andries Bezuidenhout verfilm, met bystand deur Lukas van Garderen, en is deur Simon van Garderen geredigeer.
Van die album Strate sonder bome. Moord Greeff het die woorde geskryf na ‘n besoek aan Nicaragua, waar hy gesien het hoe mense musiek op sulke outydse boombokse speel terwyl hulle in ‘n begrafnisstoet ry. Kapelaan Pat Plank en Roof Bezuidenhout het die musiek gekomponeer. Die video is meestal van Brixton se strate, waar die tonele wat Moord in sy liriek beskryf afspeel. Die video is ook Apple Music en Tidal beskikbaar.
“Strate sonder bome” is die band se vyfde album se titelsnit. Die woord eis deur Moord Greeff geskryf en die melodie is ‘n samewerking tussen Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank. Die videomateriaal kom uit Brixton se strate en die nagkarlane tussen huise – waar die nagkarre eeue gelede deur die voorstad gery het om slopemmers uit te gooi. Die lied gaan oor hoe ‘n mens soms op onwaarskynlike plekke ‘n werklike tuiste kan vind, al besef jy dit dalk nie op daardie stadium nie. Opgedra aan al die wegloperhonde.
“Fransman se jas” kom van die band se vyfde album, Strate sonder bome. Woorde en musiek deur Roof Bezuidenhout. Die videomateriaal kom van die dorp Willowmore in die Karoo, op die pad tussen Uniondale en Graaff-Reinet, asook die pad tussen Kopenhagen en Berlyn. ‘n Lied oor tralies en vryheid.
Musiekvideo vir “Top Star” van die album Strate sonder bome. This music video contains English text that explains the history of the Top-Star Drive-In in Johannesburg. It was situated on top on one of the city’s many mine dumps and had spectacular views of the city skyline.
Moord Greeff, andersins bekend as Ockert Greeff, is ‘n digter en drummer wat in Montreal, Kanada woon. Hy is, saam met Roof Bezuidenhout, een van die twee stigterslede van die Brixton Moord & Roof Orkes. Hy is die band se drummer en percussionist en skryf ook lirieke. Hy is byvoorbeeld verantwoordelik vir die liriek van “Vis” van die album Terug in skubbe – ‘n slinkse verwerking van DJ Opperman se waarskuwing (in Komas uit ‘n bamboesstok) teen menslike regressie (of devolusie). In “Vis” omhels Moord Greeff die idee van omgekeerde evolusie, maar die oënskynlike bravade in die liriek is ook tog ‘n tipe waarskuwing. Ander lirieke deur Moord Greeff is “Witwolke” van die album Spergebied, “Liena Mondegreen se filosofie” van Bazaar punk, asook die titelsnit van die album Strate sonder bome.
Van sy gedigte is in letterkundige tydskrifte soos New Ohio Review, Ons Klyntji, South Florida Poetry Journal en Thimble Literary Magazine gepubliseer. In 2024 is hy aangewys as die wenner van die Vallum Chapbook Award. Van sy video’s wat gedigte en drumming kombineer, is by ‘n aantal filmfeeste vertoon, onder andere die Raleigh Film & Art Festival en die Small File Media Festival by Simon Fraser Universiteit.
Nuwe musiekvideo van die Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde album Strate sonder bome (op 16 Desember 2023 beskikbaar). Die liriek gaan oor ‘n vrou wat alleen op ‘n trein sit, sy het rooi hare, sy lees ‘n tydskrif en drink sjampanje. Die sanger in die song wonder oor haar – sy lyk eensaam, maar ook of sy ‘n nuwe vryheid gevind het. Sy laat hom dink aan ‘n skildery van Ed Hopper, met ‘n soortgelyke toneel. Die video is met behulp van kunsmatige intelligensie gemaak, met ‘n estetika uit die 1930s – ‘n tipe art deco gevoel, soos in Hopper se realistiese skilderye van daardie tyd.
Strate sonder bomeisdie Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde album. Dit is op 16 Desember 2023 op al die streaming platforms vrygestel (Spotify, Apple Music, Deezer, YouTube, Tidal, ens.) en kan by Amazon afgelaai word. Elkeen van die album se elf tracks het ‘n musiekvideo – die eerste volledige video-album in Afrikaans.
[1] BABELAAS IN BRIXTON
Die toring staan paraat, stuur seine wyd en ver Maar die toring se seine maak die skuifhek deurmekaar Die toring van Babel met elf nuwe tale Babbel op die draadloos en TV 1, 2, 3 Laatnag ecstacy op e-tv
Skuins oor die pad roep Hawaiian kitaar Na iewers daar ver of iemand wat swaar dra Oorkant die pad langs die slumlord-king Met sy pimped BMW en sy dobbelmasjien-scheme Net nog ‘n Lagos scene
Groot hond aangestel om die tuinslang op te pas En die jeans op die draad en ‘n Klipdrift t-shirt Dubbels op my lawn, dubbels in my glas Skokmasjien en ‘n blik vol traangas, staan vas
Die varsity se bloekoms is ons enigste view Met ‘n ambient sound track se hadedaskreeu Een nul trippel een helikopter doen ‘n fly-by Op Ripley se hoek nog ‘n Vrydagaand drive-by Aai, aai, aai
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat Spoke op my radio, bose geeste in my jaart Nuwe tunes in die band room En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
Help! skree die bra, I’ve just been shot But I think I’m o.k. cause it doesn’t hurt a lot And it’s happened before so I’ll sit here for a while And it’s clear to me now that someone hates my style Pro’bly someone that I know who doesn’t really like my style
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat Spoke op my radio, bose geeste in my jaart Nuwe tunes in die band room En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
Wit wolke en Dali se prent moer af Maar ons sit tevrede in die Abelarde en wag Vir die kaptein en ons swaai aan ons droom En ons kyk ver en verby waar ander dalk skroom
Daar is dou op die ruit en die vlae hang traag suid Sonder seremonie by die bar uitgesmyt Met die swaai van jou heupe roep jy my terug En help my oor die rivier se brug Paraffienlamp brand in jou donker karavaan Net sewe rand oor vir die res van die maand
Babelaas in Brixton, gebreekte bottels in die straat Spoke op my radio, bose geeste in my jaart Nuwe tunes in die band room En die bure raak kwaad ja die bure raak kwaad
Woorde en musiek: Gerhard Barnard
[2] VROU OP DIE TREIN IN DIE SKILDERY
Haar hare is die kleur van vroegskemer oranje Hoed uit die dertigs, swart rok en sjampanje Rou sy of juig sy? Dalk ‘n bietjie van elk Blaai deur ‘n tydskrif wat op haar skoot lê en verwelk
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Liefde word gewoonte en omgee word plig Wat as keuse begin het word toe groef en wig Tussen dit wat ons gedenk en dit wat ons nou krenk Tussen troufoto-album en afskeepgeskenk
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Een, twee, drie, vier, snytjies van papier Duisend snytjies deur die jare bring haar tot hier Wie kry Agaat en wie kry Disgrace? Boeke in bokse en kinders uit die huis
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Eensaamheid en vryheid loop kruis en munt Die Janus-gesig wat ons aan mekaar vasbind Die loop-en-val, die haak-en-steek Die wag-‘n-bietjie-bos se terughou of losbreek
En nou voel sy so eensaam, maar ook ‘n bietjie vry Soos die vrou op die trein in die Ed Hopper skildery
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[3] EK KEN JOU TIPE
Opgekerf deur Occam se mes Om together te bly doen ek my bes My voete loop na Yeoville, maar ek gaan Brixton toe Paal onder water, feit soos ‘n dooie koei
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Hoe groter die twyfel, hoe luider die megafoon Naelstring van begin tot waar ek nou woon Strek oor kontinente tot op ‘n breekpunt Pyl uit ‘n boog, my seile na die wind
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Regse brandstapels, linkse inkwisisie Muilband op papier en op die televisie Die waarheid opgestuur in ‘n lugballon Feite toegespin in ‘n sykokon
Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Egte onnoselheid, kunsmatige vernuf Is jy ernstig of besig om te bluf En is dit jou gesig op die screen Jou mond wat die woorde maak, jou oë wat ek sien?
En al wat ek hoor: Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Angel in ‘n byekorf, heuning om die mond Sianied se kekkellag, speeksel in die grond Myne in die see, myne op die maan Skokgolwe en bore soek olie en uraan
En al wat ek hoor: Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe Ek ken nie vir jou nie, maar ek ken jou tipe
Woorde: Andries Bezuidenhout, musiek: Gerhard Barnard, Andries Bezuidenhout
[4] TAPE DECK BEGRAFNISBRIEF
Hierdie is ‘n begrafnisbrief per tape deck Opgeneem op daai ou double decker deck Daai boom box wat so ‘n bietjie trek
Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg
Daai boom box het stof opgegaar in die garage Maar dis nou weer baas Nou weer aan die gang met nuwe double A’s
Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg
Laat ons daai ou Capri V6 vat Daar gat ons, af met die pad Wag tot ons Fulham slat
Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg
Draai oop daai ruit Hang by die venster uit Daai boombox skree luid:
Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg Die man is dood, die man is dood Die man is weg, die man is weg
Woorde: Ockert Greeff, musiek: Gerhard Barnard
[5] FRANSMAN SE JAS
Hy was uitgeput van rus en rondsit Soms iemand met lem of vuis op sy plek sit Vir oulaas hoor hy die sleutel knars As die staalhek oopswaai en die daglig oopbars
Koplighoofdig, halsoorkoplig Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
Hy was vasgeveter en ingegespe Boei en belt en koppiespeld Hare na agter, maar sy rugstring op knip Buitelig blits, vlieswolke wit
As erewag lag windpomp en telefoonpaal Stom monumente van hout en staal Hou maar jou frons, hou maar jou smile Vanaand sal hy self die rigting bepaal
Koplighoofdig, halsoorkoplig Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
Met ‘n skeerlem die nommer van sy arm afgeskil Met ‘n Fransman se jas, sy bloed nou stil In nêrens se rigting in die pad geval Oor sy skouer gegluur vir ingeval
Koplighoofdig, halsoorkoplig Môre moet nog aanbreek, maar vanaand kan hy net ry Van weg waar hy vandaan kom en waar hy moet gaan bly Vanaand vlieg hy by als soos ‘n valk verby
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[6] MENSE SOOS ONS
In Jargonelles na Gert Vlok Nel gaan luister Drikus speel bass terwyl Gert iets fluister Van treine daar ver en those in peril at sea En oor die pad van hier af suid en die woord rivier Die Hoëveld was eens ‘n antieke meer Nou vloei fonteine net in name deur skagte wat verweer
Ry oos met Caroline of wes met Collins Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons Vir mense soos ons, vir mense soos ons Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
Die Abelarde Sanction is net op die hoek Van Fulham en Ripley as jy dit soek Damn the Icebergs vanaand se vermaak Soos ons stadig op quarts Black Label dronk raak Sê “aah” vir nog ‘n slukkie sê die tandartsstoel En agter in die bar speel Mark Bennett steeds pool
Ry oos met Caroline of wes met Collins Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons Vir mense soos ons, vir mense soos ons Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
In Breeze Block is DJ Charles Leonard op die tafels Dis op vodka en lyne wat ons vanaand uitrafel Ons met ons plankvloere en plafonne van staal Die goud lankal op, die sypaadjies kaal Maar daar’s musiek in die lug en ‘n naald op viniel Dis ons wat steeds dans tussen bou en verniel
Ry oos met Caroline of wes met Collins Twee eenrigtingstrate vir mense soos ons Vir mense soos ons, vir mense soos ons Vir mense soos ons wat nêrens heen gaan nie
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[7] TOP STAR
Volg die pad uit Simmondsweg wat boontoe loop Tot by die movieskerm bo-op Ferreira se mynhoop Parkeer langs ‘n paaltjie vir blikkerige klank Met sout-asyn chips in ‘n nuuslose koerant Die movie kom op as die son gaan sak Dirkie, eLollipop en Kiepie en Kandas Jaws, James Bond en Herbie goes bananas Movies op ‘n mynhoop by Top Star
‘n Skrefie naglug vir wasem teen die ruite Daai skerm ‘n venster na die wêreld daar buite Ek vergeet van die werk in die Volla saam met jou Ek vergeet van als as jy my hand so vashou Ek weet jou parfuum kom van die counter by Garlicks Maar vir my ruik jy pure Hollywood, my Darling Die toasted cheese proe soos kaviaar As ons movies kyk by Top Star
Soms kyk jou oë by die skerm verby Staar jy deur die voorruit en voor jy jou kon kry Sien jy die Hillbrowtoring, die Pontegebou Daar’s ‘n stad agter die storie hier reg voor jou ‘n Stad met duisend stories maar wie sal dit onthou? ‘n Eerste soen op die back seat en nou Hoor jy Ag Please Daddy en Welcome to My Car Tonele deur die jare by Top Star
Die teer het verweer en die skerm is laat sak Die mynhoop is gesloop om die goud uit te vat Vir oulaas ‘n aksiefilm uit 2008 Wat nou van Top Star oor is, is ‘n yslike gat Top Star…
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[8] ONTDEKKERSWEG
Drive-in milk shakes en swop shops Drive-thru burgers en Ultra Stops Drive-by sixpacks en chop shops Tattersalls en Crazy Slots
Dr Ali van Malawi het kure vir jou Die depressie of net ‘n bietjie blou Slap rieme of verlore liefde Skuldverknorsings of bek-en-klou
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels Tweedehandse liefde op lay buy Maar als voel weer splinternuut Als voel weer spiek en span Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
Florasentrum se motorparkade Chisanyama en Hyperama Hit en runs en ‘n padblokkade Izinyoka met koperdrade
In die week kry jy jou tydmors se voorskot Met ‘n verkeersknoop om elke stukkende robot Gisteraand se take away oorskot Jou passasier in ‘n Tupperware kosblik
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels Tweedehandse liefde op lay buy Maar als voel weer splinternuut Als voel weer spiek en span Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
Ontdekkersweg is ‘n slagaar Met Ontdekkersweg kom jy daar Maar waar dit is weet wie-weet-waar Op Ontdekkersweg ry jy maar
Tweedehandse motors, tweedehandse meubels Tweedehandse liefde op lay buy Maar als voel weer splinternuut Als voel weer spiek en span Op ‘n Ontdekkersweg Sondagmiddag drive
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[9] DIE MONOPOLY SHUFFLE
U aanvangsalaris is twee honderd rand Gooi nou die stene dat ons sien waar u land Op Strand-, Commissioner- of Adderleystraat Musgraveweg of Jan Smuts-laan
Koop ‘n huis of vier of sommer ‘n hotel By die gemeenskapskas kan u instruksies optel Oor die wat besit en die wat huur betaal Ons wat voor is en u wat moet inhaal
U het koffie gemors… Gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe Moenie eers by begin verby gaan nie Gaan reguit tronk toe
Te veel om van te kies, so veel om te doen Hondjie, resies kar of silwer skoen En waar kry u daardie hoed, die strykyster of boot? Vir soveel opsies kan selfs dobbelaars begroot
So gaan maar op ‘n uitstappie na Bloemfonteinstasie Blokkiesraaisel kompetisie wenner konsternasie En vorder dan maar weer twee honderd rand in Met elke ompad verby die begin
U het koffie gemors… Gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe Moenie eers by begin verby gaan nie Gaan reguit tronk toe
Betaal ‘n boete van tien rand Of stel u kans op die proef Dit is u verjaarsdag Vorder twintig rand in by elke boef
U het te vinnig gery Betaal ‘n boete van vyftien rand En as u u weer kon kry Het u Voortrekkersweg verpand
U het koffie gemors… So gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe Moenie eers by begin verby gaan nie Gaan reguit tronk toe
So gaan tronk toe, skuif reguit tronk toe Moenie eers by begin verby gaan nie Gaan reguit tronk toe
Woorde en musiek: Andries Bezuidenhout
[10] STRATE SONDER BOME
In my drome Loop ek in strate sonder bome Daar is ‘n kroeg teen die bult af Daar waar die honde blaf
Ons speel in die kroeg van lang quarts Probeer om ‘n band te word Jy met toe oë, ek met gebalde vuiste Die kroeg ons Sondagnag tuiste
Reg voor die deur Op die stoep van die huis Was daar ‘n klein warm bondeltjie Met ‘n swart tongetjie Iemand het hom hier gelos, Hy sy gesê Kom ons gee hom kos, Het sy gesê
In my drome Loop ek in strate sonder bome Daar is ‘n huis net oorkant Met ‘n kombuistafel soos ‘n eiland
In die kombuis drink ons sterk Jou naels nog swart van werk Styf om die nek van die Klipdrif Vlug deur al wat ‘n kitaar riff
Reg voor die deur Op die stoep van die huis Was daar ‘n klein warm bondeltjie Met ‘n swart tongetjie Iemand het hom hier gelos, Hy sy gesê Kom ons gee hom kos, Het sy gesê
In my drome in strate sonder bome Lê ek uitgestrek in die son Op ‘n stoep met rooi stene Warm gebak onder my bene
Iemand het hom hier gelos! Roep ‘n vrou Hy lê hier soos ‘n rondloper hond! Roep ‘n vrou Vuil van sy eie stront!
Reg voor die deur Op die stoep van die huis Was daar ‘n klein warm bondeltjie Met ‘n swart tongetjie Iemand het hom hier gelos, Hy sy gesê Kom ons gee hom kos, Het sy gesê
Woorde: Ockert Greeff, musiek: Andries Bezuidenhout, Gerhard Barnard
[11] BRIXTON SE VURE
Son op die dak laat die sink na asem snak Bakstene ril as die koue hul vasvat In ‘n greep wat net vlamme kan verlig Tussen bibber en knetter balanseer my brug
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal Wat bepaal of jy vlieg of val Of van watter kant van Brixton se rand Jy nou dophou hoe die vure brand?
Doodgewoon eens daar gewoon Langs ‘n sonwysertoring wat seisoene aantoon Geen legendes of epiese verhale Net amps en drums en kabels en snare
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal Wat bepaal of jy vlieg of val Of van watter kant van Brixton se rand Jy nou dophou hoe die vure brand?
Of Brixton nou jou Ithaka is Of bloot ‘n plek waar die reisiger rus Waar die winterson aan sement vasgom Bly die vraag of jy ooit weer terugkom
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal Wat bepaal of jy vlieg of val Of van watter kant van Brixton se rand Jy nou dophou hoe die vure brand?
Woorde: Andries Bezuidenhout, musiek: Gerhard Barnard
Meer oor die album
Moord, Roof en Pat Plank praat oor hoe hulle die produksie van die album aangepak het.
Die band beskryf Strate sonder bome as ‘n album wat vorentoe beweeg deur terug te kyk. Soos hulle in die laaste track op die album sing:
Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal Wat bepaal of jy vlieg of val Of van watter kant van Brixton se rand Jy nou dophou hoe die vure brand?
Die elf tracks – amper ‘n uur se musiek – is deur Kapelaan Pat Plank (ook bekend as Gerhard Barnard), Moord Greeff (Ockert) en Roof Bezuidenhout (Andries) geskryf. Hierdie drie oorblywende lede van die band het eens binne ‘n omtrek van twee blokke van mekaar af in Brixton, die voorstad van Johannesburg, gewoon. Hulle het mekaar daar ontmoet, as band in die plaaslike kroeg begin optree, en hul band room was in Gerhard se huis op die hoek van Ripley- en Barnesstraat.
Al drie van hulle woon egter nou elders. Andries woon in Alice in die Oos-Kaap, Gerhard in Pringlebaai in die Wes-Kaap, en Ockert in Montreal in Kanada. “Asfodel” in die liriek verwys na die doderyk in die antieke Griekse mitologie, met verwysing na Brixton Barnard (Drikus, Gerhard se jonger broer), wat in 2015 aan breinkanker dood is, en Louis Graham (die band se drummer), wat in 2021 aan Covid-19 dood is.
So die terugkyk handel oor die verlede – oor die outyd in Brixton, oor die dae toe mense nog op Top Star se mynhoop na die inryteater toe gegaan het, toe ‘n mens nog ‘n verkeersboete van R20 betaal het in ‘n Monopoly-bordspel. Ockert se liriek “Tape deck begrafnisbrief” is geïnspireer deur ‘n begrafnisgebruik wat hy tydens ‘n besoek aan Nicaragua waargeneem het – mense wat mixtapes maak en dit kliphard op outydse boombokse in ‘n begrafnisstoet speel. Ockert verbeel hom hoe hierdie toneel in Brixton se strate sou afspeel. Die album se opening track keer na Brixton in die 1990s terug en haal uit ou Brixton Moord & Roof Orkes lirieke aan. Die title track “Strate sonder bome”, ook deur Ockert geskryf, onthou Brixton ook as die plek met kaal sypaadjies. Hieroor sê Ockert dat Brixton ‘n spirituele tuiste vir hom was. Beide die ietwat gehawende woonbuurt, en Brixton die band. “Alhoewel ek destyds – dis nou amper twee dekades gelede – totaal onbewus was van die tuiste wat die band en die woonbuurt gebied het, besef ek nou dat dit waarskynlik vir my ‘n enigmalige ruimte was. Dit was ‘n vreemde mengsel van buitestaanders, intellektuele, kantoorwerkers en arbeiders, wat die ongewone en die anderse verwelkom het. In ‘Strate sonder bome’ kom ‘n reisiger by ‘n huis aan soos ‘n rondloperhond. Daar is ‘n vrouefiguur wat sê: ‘Kom ons gee hom kos.’ Vir my is dit die allerbeste manier waarop ‘n reis kan eindig.”
Wat die album se musikale styl betref, kyk die drieluik van die band ook terug – daar’s lekker oomblikke van old school rock ‘n roll.
Waaroor gaan die vorentoe beweeg dan? Roof verduidelik: “Om aan te beweeg, moet ‘n mens seker iewers aankom. Op ‘n manier het die opneem van die album ons gehelp om aan te beweeg na die verlies van Drikus en Louis. Hierdie is die band se eerste album waarin Drikus nie ‘n rol as musikant of songwriter speel nie. Met ons vorige album ‘Bazaar punk’ het ons gewerk met tracks wat Drikus vir ons nagelaat het. Dit het sy stem vir ‘n laaste keer helder laat opklink, maar ons het gedink dis ook die band se laaste album. Daai agt tracks het egter gemaak dat ek en Gerhard en Ockert met mekaar aanhou kommunikeer het – meestal per e-pos, oor ver afstande heen. Ons was al drie op ‘n manier verras, miskien selfs onkant betrap, toe ons aangehou het om tracks heen en weer te stuur nadat ‘Bazaar punk’ reeds vrygestel is. Dis dalk dié dat ons so dink aan aanbeweeg. Ons verwys na Brixton (die plek) as ons Ithaka – die eiland in die antieke Griekse mitologie waar die reis eindig. As ‘n mens eendag by Ithaka aankom, soos in Konstantin Kavafi (Cavafy in Engels) se gedig, het die reis daarheen gemaak dat jy met nuwe oë kyk na die plekke wat jou padlangs gevorm het. Dis dié dat ons so na Brixton toe terugkeer – al weet ons nie of dit ‘n eindbestemming of ‘n halfwegstasie is nie. Ek hoop dit maak sin.”
Gerhard voeg by: “Brixton is sonder twyfel my Ithaka. Toe die songs op hierdie plaat begin vorm aanneem het ek gewonder of ons nie dalk bietjie oor-nostalgies is nie. Ek het egter vir die eerste maal rêrig besef hoe groot impak die plek, en die musiekmaak wat saam met dit gekom het sou hê op my holderstebolder lewenspad vorentoe. Brixton lê in die tru-spieël maar bly lewensgroot vir my. Die album was uiters lekker om aan te werk en ek kyk met groot waardering terug na die begin en met opwagting vorentoe.” Om Kavafi verkeerd aan te haal en te vertaal:
Aan jou het Brixton dié wonderlike reis gegee. Sonder haar sou jy nooit vertrek het nie. Nou het sy niks meer oor om aan jou te gee nie.
En as jy haar in armoede aantref, sou Brixton jou nie bedrieg het nie. Jy sal dan vol wysheid wees, met soveel ondervinding, dan sal jy verstaan wat hierdie Brixtons beteken.
Die aanbeweeg word ook vasgevat deur “Fransman se jas”, wat handel oor ‘n tronkvoël wat vrygelaat word en probeer om sy verlede in die bende af te skud deur baie vinnig van als af weg te ry. Hy weet dis futiel, maar vir een aand kan hy jaag soos ‘n valk wat vlieg. Eweneens handel “Vrou op die trein in die skildery” oor ‘n vrou wat op ‘n trein sit ná ‘n traumatiese egskeiding – sy voel eensaam, maar op ‘n manier voel sy ook vry. Baie soos die vrou op die trein in “Compartment C, Car 293” wat in 1938 deur die Amerikaanse kunstenaar Edward Hopper geskilder is. “Ek ken jou tipe” praat weer oor die hede en kyk vorentoe, met sosiale kommentaar op nuwe brandstapels en inkwisisies in ‘n wêreld waar feit en fiksie vervleg word en nuwe sondebokke gevind word om vir mense se gevoel van onsekerheid te blameer.
Produksie
Gerhard, Ockert en Andries het die album in die middel van 2022 begin opneem. Al drie het klank-ateljees by hul huise, deels as gevolg van Covid. Ockert het ‘n studio in die kelder by sy huis, maar ook ‘n band rehearsal ruimte waar hy ingerig is om ‘n tromstel op te neem – Ockert het in bands soos Death Drive en Light Bulb Alley in Montreal opgetree. Andries het als gemeng, die finale meng tydens ‘n maandlange verblyf in Kopenhagen in September 2023. Willem Möller het weer die album by Sharpe Street Studios in Glencairn gemaster en voorstelle gemaak met die finale klankmengproses.
Behalwe vir die afwesigheid van Brixton Barnard se stem, is die album se klank baie soos vorige Brixton Moord & Roof Orkes plate – ‘n eklektiese kombinasie van musikale style. Daar is rock, folk, reggae, country en kwêla. Die oorwegende klank is egter ‘n kombinasie van rock en donker ballades, darem ook met vele humoristiese oomblikke. Andries en Gerhard doen die vocals, Andries speel akoestiese kitaar en keyboards, Gerhard speel elektriese kitaar en baskitaar, en Ockert speel drums en ander perkussie.
Oor die maak van die album sê Andries: “Ons het ‘n old school analogue klank probeer kry, alhoewel als digitaal opgeneem en gemeng is. Maar die programmatuur wat ek gebruik het simuleer klassieke analoog kompressors en equalisers – Fairchild en Pultec. Ek hoop mense wat daarna luister kan daardie ‘grit’ hoor.” Ockert voeg by: “Ek is regtig gelukkig met hoe die album klink. Daar iets bekends omtrent die musiek, maar terselfdertyd ook uitdagend. As jy moeg is vir die middelmoot populêre musiek wat oral opgedis word, en jy hou van musikante wat soms bietjie kanse vat, dan is hierdie album vir jou.”
Media
AJ Opperman van Netwerk24 gesels met Roof oor “Strate sonder bome” en die belangrikheid van ‘n sin vir humor. Jy moet op Netwerk24 ingeteken wees om die artikel te kan lees.
Onderhoud met Roof deur Izak de Vries oor die album en die video’s wat vir die album gemaak is. Ook oor die band se geskiedenis en waarheen die Brixton Moord & Roof Orkes heen gaan – op Voertaal.