‘n Trip saam met die band Mosambiek toe

Karien du Plessis, Roof Bezuidenhout se skoonsuster, het in 2007 saam met die band in Roof se diesel Toyota Condor Mosambiek toe gery. Die band moes soontoe ry om by die Strab rock festival op te tree. Karien lewer met ‘n skerp sin vir ironie verslag oor die trip – in pynlike detail, wat die band eintlik in ‘n baie slegte lig stel. Hulle het verdwaal en was bitter amper laat vir die set wat hulle moes speel. Dis onder protes dat die stuk hier geplaas word, maar as die band se bestuur het ons ook ‘n sê. Of hoe? Lees die hele stuk, want dis regtig snaaks. Die meisie wat Ockert in die bar ontmoet het, is waarskynlik Liz, die Kanadees met wie hy uiteindelik getrou het.

Lees Karien se verslag/kortverhaal op LitNet.

Twee dekades – ‘n fotobeeld

Die Brixton Moord en Roof Orkes is waarskynlik een van die min Afrikaanse bands wat nou al vir meer as twee dekades lank musiek opneem en vrystel. Come to think of it, ‘n mens sou dieselfde van die Buckfever Underground ook kon sê. Nietemin, die Brixton Moord en Roof Orkes is in 1999 deur Andries Bezuidenhout (Roof) en Ockert Greeff (Moord) begin. Die naam is ontleen aan die berugte polisie-eenheid, die Brixton moord en roof-eenheid – “Brixton murder and robbery squad” in Engels. Albei die stigterslede het in Brixton gewoon en het by hul local bar, die Albelarde Sanction, tydens open mic-sessies besluit om ‘n band te begin. In hierdie tyd het die band vir die eerste keer as duo by Oppikoppi opgetree. Andries het op ‘n nylonsnaarkitaar gespeel en Ockert op ‘n djembe-trom. Die aanvanklike musikale benardering was meer folk as rock en die band se ietwat agressiewe naam is so half ironies bedoel. Die band het glad nie geklink soos ‘n mens sou verwag nie en het eerder introspektiewe songs met ‘n fokus op digterlike lirieke aangebied.

Weldra het die band se klank van folk af rock toe beweeg, maar die aandag aan goeie lirieke het gebly. Toe Ockert ‘n volle drum kit aanskaf (‘n Tama-stel) moes die band ‘n baskitaarspeler kry en weldra het Steve Savage, die baskitaarspeler van Shark Brother, een van die ander bands wat Albelarde regulars was, by hulle aangesluit.

Van links af, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff en Brixton Savage in die Abelarde Sanction in Brixton, ongeveer 2000 of 2001.

Die band by die Bingo in Brixton, ‘n vroeë publisiteitsfoto. Van links af, Moord Greeff, Brixton Savage en Roof Bezuidenhout, ook ongeveer 2000 of 2001.

Steve Savage het drie tracks opgeneem wat as EP op ‘n website genaamd Digital Cupboard vrygestel is. Die opnames is helaas vir ewig verlore. Steve is ‘n geoloog en het Zambië toe verhuis vir werk. Die band het Drikus Barnard, ‘n ander Abelarde Sanction regular, gevra om Steve se plek in te neem. Hy is toe as Brixton Barnard herdoop. Hierdie drie het ‘n eerste album by Paul Riekert se studio in Albertsville opgeneem wat in 2002 as Spergebied vrygestel is. Die drums is by die SAUK se RP Studios opgeneem. Clair Cantrell – ook bekend as Esmé Evakwaad – het met haar ryk stem backing vocals op die album gedoen, wat aan die album ‘n besonderse atmosfeer verleen het.

‘n Foto van die band deur Sally Shorkend wat in die tydskrifInsig verskyn het. Van links af, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff en Brixton Barnard.

Foto: Toast Coetzer, Esmé Evakwaad en Roof Bezuidenhout by Aardklop se rock festival, waarskynlik in 2002 0f 2003.

Kort na die vrystelling van Spergebied het Drikus se broer Gerhard Barnard as elektriese kitaarspeler by die band aangesluit – hy sou as Kapelaan Pat Plank bekendstaan. Plank was Drikus en Gerhard se ander band, saam met Esmé Evakwaad – ‘n ware underground punk band.

Foto: Magriet Theron. Moord Greeff in Brixton, 2002.

Foto: Magriet Theron. Brixton Barnard in Brixton, 2002.

Foto: Magriet Theron. Kapelaan Pat Plank in Brixton, 2002. Die verlore swart hond sou meer as twee dekades later ‘n rol speel in ‘n liriek op die band se album “Strate sonder bome” (2023).

In 2004 is die band se volgende album vrygestel – Terug in skubbe. Dis weer by Paul Riekert opgeneem. Die drums is by Peter Auret opgeneem en hy het ook een van die tracks – die immergroen “Paul van der Zandt” opgeneem en gemeng. Op die album was ook ‘n liriek deur Koos du Plessis, wat deur sy dogter Karla getoonset is, naamlik “Dagboek van ‘n swerwer”.

Die launch van “Terug in skubbe” by die Bohemian in Richmond, 2004. Van links af, Brixton Barnard, Moord Greeff, Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank.

Die band saam met Karla du Plessis by Aardklop se rock festival, waarskynlik in 2004 of 2005.

In hierdie tyd het die band gereeld by rock festivals by plekke soos Oppikoppi en die Klein Karoo Nasionale Kunsfees in Oudtshoorn opgetree. Die track “Fortuinverteller” is op RSG geplaylist – waarskynlik die grootste wonderwerk in die band se geskiedenis, gegewe die tipe musiek wat tipies in daardie tyd op RSG gespeel is. “Spoed” en “Fortuinverteller” is in die TV reeks Orion gebruik, met Neil Sandilands in die hoofrol. ‘n Video vir “Spoed” is op MK89 uitgesaai, wat baie gehelp het om die band aan ‘n groter gehoor voor te stel. Die band het selfs op die soap opera Egoli verskyn, ‘n vreemde besluit vir ‘n underground band van Brixton. Brixton Barnard sou later bieg dat hy ingestem het net om Brümilda van Rensburg te kon ontmoet.

Oppikoppi Easter Festival, 2002.

Oppikoppi in 2006, Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank.

By Steak & Ale in Centurion, een van die plekke waar die band baie goed ondersteun is.

Poster vir optrede by die Mystic Boer in Stellenbosch.

‘n Hartseer oomblik vir die band was toe Moord Greeff besluit het om Kanada toe te verhuis. In daardie tyd was hy in ‘n ernstige verhouding met ‘n Kanadees wat hy in Melville ontmoet het. Hulle is later in Montreal getroud en woon steeds daar. Die band se laaste gig in hierdie formaat was in die Bohemian in Richmond, Johannesburg.

Laaste optrede in die Bohemian voor Moord Kanada toe verhuis het.

Vir ‘n tyd na Ockert se vertrek was Andy Evans, wat ook saam met Drikus en Gerhard in Plank was, die band se drummer. Hy het ‘n video saam met die band vir die track “Vis” in die Bohemian opgeneem.

In kostuum vir die “Vis” video, van links af is Kapelaan Pat Plank, Roof Bezuidenhout, Andy Evans, Brixton Barnard.

Poster vir ‘n Steak & Ale gig saam met Die See.

Vanaf die vroeë-2010s was die band in ‘n tipe hiatus toe lede van die band op ander musikale projekte gefokus het. Drikus het Roof se tweede solo album opgeneem en gemeng. Self het Drikus op sy duo saam met Clair Cantrell (oftewel Esmé Evakwaad) genaamd Trike gefokus. Later in die dekade is die Brixton Moord en Roof Orkes egter weer revive, toe met Louis Graham as drummer. Die vierluik het weer begin optree en ‘n volgende album opgeneem. Die CD is uiteindelik in 2014 as Slaaptyd in die suburbs as ‘n oplaag van 100 boeke met lirieke en afdrukke van skilderye deur Marguerite Visser vrygestel. Die volgende jaar is dit ook in gewone CD-formaat uitgegee.

In Oudtshoorn, met Louis Graham op drums, foto deur Willim Welsyn.

In 2015 het Brixton Barnard die gebruik van een van sy arms verloor en kon nie meer baskitaar speel nie. Met ‘n reeks optredes saam met Gert Vlok Nel moes sy broer Gerhard hom begelei. In daardie tyd het Ockert (Moord Greeff) Suid-Afrika besoek en ‘n optrede by die skrywer en dramaturg Harry Kalmer se huis in Observatory in Johannesburg was die laaste keer wat die vier saam op een plek was. Drikus se vermoë om te kommunikeer het ook agteruitgegaan. Daar is toe vasgestel dat daar ‘n gewas op sy brein was. Omdat Drikus ‘n voltydse musikant was, het hy nie ‘n mediese fonds gehad nie. ‘n Hele groep musikante het ‘n benefit konsert by die Melkery buite Pretoria vir Drikus se operasie gehou en genoeg geld is ingesamel om te betaal sodat die gewas van sy brein verwyder kon word. Met die operasie is daar ongelukkig vasgestel dat die gewas veel groter was as wat aanvanklik gereken is. Drikus is kort daarna oorlede, maar die operasie het gemaak dat hy vir sowat drie maande weer helder kon kommunikeer. Hy is by sy broer Gerhard se huis in Pretoria dood en ‘n hele aantal van die band se ondersteuners het hul bes gedoen om sy laaste maande so gemaklik as moontlik te maak.

Die laaste keer toe die band saam in een plek was, by Harry Kalmer en Sanpat Hattingh se huis in Observatory, Johannesburg, in Maart 2015. Van links na regs: Kapelaan Pat Plank, Roof Bezuidenhout, Moord Greeff, Brixton Barnard. Gert Vlok Nel en Brixton Barnard het die aand opgetree.

In 2019 het Ockert Greeff Suid-Afrika weer besoek. Daar is besluit om ‘n tipe reünie gig te doen, met beide Ockert en Louis Graham op drums. In Drikus se afwesigheid het Simon Kruger van die band Nul baskitaar gespeel. Die gig was by die Jarr Bar in Pretoria, op 14 Desember 2019. Louis het drums tydens die eerste set gespeel, meestal songs van die album Slaaptyd in die suburbs, wat hy saam met die band opgeneem het. Ockert was die drummer vir die tweede set, met musiek van Spergebied en Terug in skubbe af, wat hy weer saam met die band opgeneem het.

Poster vir die gig by Jarr Bar.

In 2020 het die band gereed gemaak om ‘n gig by Strab te doen, ‘n festival wat jaarliks deur scuba-duikers in die suide van Mosambiek gehou word. Baie van die ou Oppikoppi crowd woon tipies hierdie festival by en die band het al ‘n vorige slag daar opgetree. Daardie jaar het die Covid-19 pandemie egter uitgebreek en Strab is noodgedwonge afgestel. In Mei 2021 is Louis Graham aan Covid oorlede, nog tydens die lockdown-periode. Wat die tragedie soveel erger gemaak het, is dat van sy familie, vriende en mede-bandlede die begrafnisdiens op die web moes volg.

Louis Graham, watSlaaptyd in die suburbs saam met die band opgeneem het. Hy is in 2021 aan Covid oorlede.

In die lockdown tyd het Andries van sy tyd gebruik om sy musiekproduksievaardighede te verbeter, met behulp van gesprekke met Willem Möller oor e-mail en ‘n solo album waaraan Andries aan die opneem en meng was. Andries het in daardie stadium in Alice in die Oos-Kaap gewoon, Gerhard in Pretoria, en Ockert steeds in Montreal. Kort voor hy dood is, het Drikus agt tracks opgeneem vir ‘n volgende album vir die band. Hierdie tracks was rofweg opgeneem vir Andries om na te luister en om dan verdere songs vir die album te skryf – as ‘n tipe tweegesprek. Andries en Gerhard het kopieë van hierdie tracks op hul rekenaars se hardeskywe gehad, maar nie een van die twee het daarvoor kans gesien om daarna terug te keer nie. Na Louis se dood het Andries, Gerhard en Ockert begin kommunikeer (meestal op WhatsApp) oor Drikus se agt tracks. Hulle het saam aan ‘n album begin werk as ‘n tipe huldeblyk aan beide Drikus en Louis. Die resultaat was Bazaar punk, wat in Januarie 2022 vrygestel is.

Roof verduidelik hoeBazaar punk onstaan het.

Bazaar punk sou nie die band se laaste album wees, soos verwag is nie. Die drieluik het aanhou gesels en tracks heen en weer tussen Suid-Afrika en Kanada stuur. Al drie het in beter klank-ateljees belê en op 16 Desember 2023 word die volgende album Strate sonder bome vrygestel.

Terug in skubbe

Terug in skubbe is die Brixton Moord & Roof Orkes se tweede CD, wat in 2005 by Rhythm Records verskyn het. Die ballade “Fortuinverteller” is op RSG geplaylist en “Spoed” is in die TV-reeks Orion gebruik. Mense het al verkeerskaartjies gekry terwyl hulle na “Spoed” luister en “Paul van der Zandt” is ʼn immergroen crowd favourite. In 2021 is die album as remastered weergawe vir streaming uitgereik, met twee nuwe akoestiese weergawes van “Vis” en “Dagboek van ‘n swerwer” as bonus tracks.

Luister op Spotify, Apple Music, Tidal, YouTube, ens.

Uittreksels uit resensies:

“Wie wil nou ‘n mens wees?” vra Moord Greeff in “Vis”, die eerste lied op die Brixton Moord & Roof Orkes se jongste album, Terug in Skubbe. Daar sal sekerlik stemme opgaan van skepsels wat mens wíl wees juis omdat dit vir óns ore is dat die musiek van hierdie album bedoel is. Dis net ménse wat sal verstaan waaroor die seer en die soet in die lirieke gaan. Visse, honde en voëls het voorregte, maar musiekwaardering is nie een daarvan nie. Hierdie album laat ‘n mens opnuut wonder oor rockers se intense kennis van die lewe… Greeff ruk lirieke soos dié in “Vis” uit en verwoord die universele wens om aan die daaglikse sleur van menswees te ontsnap. Roof Bezuidenhout maak dit in “Spoed” duidelik waarom almal altyd jaag. Die duiwel haal jou in as jy stil raak… Brixton Barnard is klaarblyklik ontstig oor alledaagse dinge, in ligter trant ook oor die rookverbod in winkelsentrums. Dan lewer hy snydende sosiale kommentaar met “Trane van ‘n Terroris” en vlek die gedagtes van ‘n “Stil Ou” met depressie en moordgedagtes oop. Hy is ook die skepper van die tragiesmooi geskiedenis van “Paul van der Zandt”… In die geheel het hierdie (die groep se tweede) album se musiek meer verskeidenheid as die eerste, wat hoofsaaklik folk-rock bevat… Hul aanslag wys kennis en begrip van poësie en kombineer dit op unieke wyse met die musiekgenre wat hulle gekies het.
– Mariana Malan, Die Burger, 11 Maart 2005.

Terug in skubbe is ‘n tema wat gaan oor omgekeerde evolusie. Soos die meeste songs op die album gaan dit ook oor persoonlike verval en agteruitgang, terwyl die tunes terselfdertyd die mooi daarin probeer raaksien. Gekompliseerde songs wat smag na die ongekompliseerde. Dis min of meer die uitgangspunt. Wanneer jy na dié band se goed luister, gaan dit nie anders kan as om te dink aan ‘n besonderse eiesoortigheid nie. Dit is ouens wat weet hoe om te jol, maar ook weet wat hulle uit hul musiek wil hê. Sover soos true school gaan, is jy hierso op die regte pad.
– Angola Badprop, Beeld, 18 April 2005.

To bring out a great first album is wonderful but to sustain that growth and creativity and come up with an even better second album (albeit more than two years later) is impressive… With all the social commentary and insights of their excellent first album Spergebied, the new album is much tighter, with a harder edge, in music as well as the lyrics. The brilliant imagery, which is at times cutting, humorous or cynical but never bland, explores the human psyche, especially the darker side… While the powerful poetry of Brixton Moord & Roof Orkes’ lyrics is probably their best feature, it is the beautiful tunes and arrangements with great vocals that complete the whole package to make this very fine album.
– Etienne Creux, Pretoria News, 20 April 2005

Die verskillende stemme is wat die CD laat werk. Nie noodwendig sangstemme nie (maar dié is daar ook). Eerder stemme wat iets te sê of te vertel het, iets wat nog nie tevore gesê of vertel is nie. Terug in skubbe is ‘n lieflike CD. Die grootste gros in hardekoejawel-rock. “Vis”, “Spoed”, “Sussie se sweep” en “Terapie” staan uit. Maar daar is ook dié wat die vrug van folk en country pluk. Bowenal soek ek die Afrikaanse tunes wat vanjaar by songs soos “Lisa Forward” en “Trane van ‘n terroris” kan kers vashou. Terug in skubbe is ‘n juweel.
– Pieter Redelinghuis, Insig, Mei 2005.

Die manne van die Jo’burg Afrikaanse underground het weer gedeliver en ‘n CD uitgebring waarvoor heelwat ander moet terugstaan. Terug in skubbe is ‘n tema van omgekeerde evolusie, maar dui eintlik op ‘n hunkering na eenvoudigheid in ‘n goor samelewing… Ander Afrikaanse bands gaan beslis ‘n paar tips in songwriting kan vang.
– Angola Badprop, Beeld, 2 Mei 2005.

Brixton Moord en Roof se musiek dra ou, afgeleefde Cats; groet jou met ‘n ghrieserige hand en ruik effens na sweet en ou whiskey. Dis liedjies oor middelklas- en minder-as-middelklasmense in middelklas- of minder-as  middelklasbuurte en die middelklas- of minder-a smiddelklasdinge wat hulle doen. Die liedjie waaruit die CD-titel kom, Vis, verwys na ‘n gedig van D.J. Opperman waarin dit gaan oor die vrees om die evolusieleer mis te trap en ‘n paar trappe te gly. In Vis gaan dit egter juis oor iemand wat moeg is daarvoor om ‘n siel te hê, wat vra “wie wil nou ‘n mens wees?”. Daar’s vrek mooi liedjies soos Fortuinverteller en Salome se lot op hierdie album, maar dis veral op gatskop-liedjies soos Trane van ‘n terroris en Spoed (my persoonlike gunsteling) dat Brixton Moord en Roof behoorlik wys wat in hom steek… Wees gewaarsku, die lirieke is nie vir sensitiewe luisteraars bedoel nie. Daar’s rowwe verwysings na rowwe meisies (soos “Sussie van Sannieshof” wat nie donkies aanjaag met haar sweep nie) en rowwe ouens (soos die ou wat al twaalfuur bedags in die kroeg met sy “sielkundige” sit en gesels – “sy naam is Jack en sy van is Daniels”) wat rowwe dinge doen (soos om bouncers met bakstene by te kom)… Kry dit as jy nie bang is vir musiek wat ‘n effense ghriessmaak in jou mond laat nie…
– Jaco Jacobs, Volksblad, 9 Mei 2005

Brixton Moord & Roof Orkes haat dit as mens hulle die Afrikaanse rockgroep met ‘n gewete noem… Maar dis waar. Terug in skubbe is hul beste album tot dusver, hoofsaaklik vanweë die baie afwisseling wat produksie en musiek betref… BMRO rock hier harder as ooit tevore. Maar onthou ook om te luister wat hulle sê.
– Dirk Jordaan, Beeld, 11 Mei 2005.

BMRO extend their survey of South Africa’s psycho-geography with Terug In Skubbe. With their driving garage blues rock blow-outs (“Vis”), pastoral luisterliedjie pit stops and gothic rock overhauls of Koos Doep ballads (“Dagboek van ‘n Swerwer”), the cult Afrikaans rock outsiders percolate a potent post-Voëlvry brew.
– Miles Keylock, CD Wherehouse, Mei 2005

TERUG IN SKUBBE – LIRIEKE

[1] VIS

Sit my terug in skubbe
Ek wil ‘n vis wees
Laat my afstand doen van my gees
O a o a-maak met my lippe

Jou evolusie is nie welkom nie
Ontydig, ongemaklik
Verwaand en bowenal snotty, ambisieus
Wie wil nou ‘n mens wees

Sit my weer in pels
Ek wil blaf soos ‘n hond
Opgewonde raak oor my eie stront
Wie wil nou met vrinne gesels

Jou evolusie is nie welkom nie
Ontydig, ongemaklik
Verwaand en bowenal snotty, ambisieus
Wie wil nou ‘n mens wees

Gee my terug my vere
Ek wil ‘n voël wees
Pik pik pik aan my eie sere
Vat nou dadelik terug my gees

Ek wil waggel
Ek wil kruip
Miskien selfs seil
Ek wil net nie loop, heeldag loop in hierdie ry
Loop in hierdie ry

Sit my terug in terug in skubbe
O a o a o a

Woorde: Moord Greeff; Musiek: Pat Plank

[2] FORTUINVERTELLER

Jy nooi my na binne, na jou donker karavaan
Met die reuke van wierook trek jy my aan
Kan die rinkel van juwele my vir ‘n oomblik laat rus
Die swaai van jou heupe my stadig, stadig sus

Jy sê jy sien die toekoms, jy kan dit duidelik lees
Kaarte en kristalle sê wat die uitkoms kan wees
Ek gee jou my palm, jy lees my lewenslyn
Maar weet jy, my verlede het lank reeds verdwyn
Hierdie woorde en sinne het ek iewers geërf
Maar die taal wat ek praat het lank terug gesterf
Ek het eendag vergeet waar kom ek vandaan
Waar my huis is, my land is, of die klank van my naam

Ek sit my voete op jou kussing met my kop agteroor
Soek ‘n antwoord in die donker spirale van jou oë
Jou vingers streel my saggies, steel die spanning uit my lyf
Jou parfuum en droë blare laat my tydelik wegdryf

Jy sê jy sien die toekoms, jy kan dit duidelik lees
Kaarte en kristalle sê wat die uitkoms kan wees
Ek gee jou my palm, jy lees my lewenslyn
Maar weet jy, my verlede het lank reeds verdwyn
Hierdie woorde en sinne het ek iewers geërf
Maar die taal wat ek praat het lank terug gesterf
Ek het eendag vergeet waar kom ek vandaan
Waar my huis is, my land is, of die klank van my naam

Die son kom op, dis môre, alles is verklaar
My lewenslyn gebroke, my kaarte deurmekaar
Ek vat die pad soos altyd, soek kos en ‘n dop
Vir ‘n oomblik nog bedwelm teen die duiwels in my kop

Jy sê jy sien die toekoms, jy kan dit duidelik lees
Kaarte en kristalle sê wat die uitkoms kan wees
Ek gee jou my palm, jy lees my lewenslyn
Maar weet jy, my verlede het lank reeds verdwyn
Hierdie woorde en sinne het ek iewers geërf
Maar die taal wat ek praat het lank terug gesterf
Ek het eendag vergeet waar kom ek vandaan
Waar my huis is, my land is, of die klank van my naam

Woorde & musiek: Roof Bezuidenhout

[3] SPOED

(met verskoning aan Jan Rabie)

Hou aan beweeg, hou aan geraas maak
Verkieslik baie vinnig voor ek aan die slaap raak
Links ‘n geel streep, regs ‘n spikkelslang
Rubber teen die teer se lofgesang
Want ‘n duiwel jaag van agter en ‘n dop van voor
Ek kan nie bekostig om nou tyd te verloor

Pasop vir die wind, pasop vir die sand
Pasop vir die son wat my oë brand
Pasop vir potholes en diere in die pad
Maar ek hou deur die draaie as ek verby moet vat

Hou verby al die dorpies uit die vorige eeu
Elkeen met sy robot en sy dorpsmuseum
Ek stop net vir tolhek of vir padblokkade
Ultra City pitstop vir die petrolskade
Red Bull, burger en Bio Plus
Hou my wakker op die bike deur die Katbergpas

Pasop vir die wind, pasop vir die sand
Pasop vir die son wat my oë brand
Pasop vir potholes en diere in die pad
Maar ek lê deur die draaie as ek verby moet vat

Fok die Kalahari, fok die Karoo
Dis die teer wat my meer interesseer
Vergeet die koue Hoëveld of die Kaap se kitch
Ek’s gelukkig as ek ‘n ek ‘n lift kan hitch
Maar verkieslik wil ek self die yster bestuur
Two-twenty k’s gee my meer plesier

Pasop vir die wind, pasop vir die sand
Pasop vir die son wat my oë brand
Pasop vir potholes en diere in die pad
Maar ek lê deur die draaie as ek verby moet vat

Wat is die lewe, wat is die liefde
Alles kom tot niks as jy stil gaan staan
Met jou vuis om die throttle en jou voet op die rat
Kan die langpad jou vat waar hy jou heen moet vat
En as jy stilhou kom die duiwel jou haal
Vir jou huisie in die suburbs met ‘n halsband aan

Pasop vir die wind, pasop vir die sand
Pasop vir die son wat jou oë brand
Pasop vir speed bumps en kinders in die pad
Maar ek lê deur die draaie as jy verby moet vat

Woorde & musiek: Roof Bezuidenhout

[4] PAUL VAN DER ZANDT

Paul van der Zandt, suiker het deur jou gebrand
Jy kon net nie stil sit, die boy wat se gat jeuk
Was orals in Johannesburg en omliggende areas berug
Jy het mense ontstig
Hulle het geweet dat jou kop raas, kon nie wag dat jy uitpass
Of iewers anders op daai motorbike wou gaan roam
Doors, Alcatraz, Thunderdome
Jy was bourcers se slaansak, hulle’t gekom met ‘n snotklap
Tot jy een aand met ‘n baksteen opstaan, hy retireer
So het die dinge gebeur

Op daai eindelose Vrydae, op daai eindelose Vrydae
Toe ons almal gemaak het of die son nooit weer sou skyn
Oor die ou grys geboue, in jonkwees se kloue
Met niks om te doen but onsself te versoen
Met die feit dat ons net hier rondkruip
Punks en headbangers, gothic sonskerm
Luther Lugosi was eintlik Albertus Jan Theron
Ons was almal alright

Le Club, happy hour, Donderdae duislig
Vrydae het white trash vir hul sondes by die werk loop betaal
Al die stories herhaal
Die boere maak skoonskip, het net in tyd my trip
My bong in my long my dot op die tong ingesluk
Dagbreek toe druk

Rudi se wit Ford, somer se lang quarts
Tony Iommi nie Juffrou Ciccone, my vriend
Ons het almal gedroom
Geslaan aan kitare, grunge en lang hare
Die pyn van Cobain, die Cramps se drug train
Pay your dues, nog ‘n amp wat uitfuse
Nog ‘n band met ‘n drommer wat verlief raak op ‘n nommer
En sommer sy stokkies ophang vir die babakakblues
Die babbakakblues

Paul van der Zandt, ek hoor maar net nie eers koerant
Van jou tragiese einde, in Marketstraat, eintlik
Het ek jou ‘n week voor die tyd in Wings Beat Bar gesien
Jy’t gesê jy is all right, jy’t gesê jy is all right
Jy’t gesê dit gaan goed
En Kurt Cobain het gesweer hy’t nie ‘n geweer

Woorde & musiek: Brixton Barnard

[5] SUSSIE SE SWEEP

Sussie woon al lank naby Sannieshof
Waar die mielies al lank op die vlaktes staan
Sussie het maar lewe lank gedog
Dat sy eendag stad toe sou gaan

In die aand as die maan deur die venster loer
En manlief rus van die dag se boer
Droom Sussie onrustig, droom Sussie dringend
Droom Sussie van ‘n lewe wat sy elders sal vind

Sussie se sweet, Sussie se sweep
Susssie se stockings, Sussie wil weet
Of sy jou kan vasbind, of sy jou kan streep
Of jy hard sal skree as sy jou bloots ry

As manlief draai om verder te slaap
En die hoenders op die werf die tyd om gaap
Streel Sussie se vingers oor haar onderlyf
Moet Sussie saggies in haar kussing hyg

As die trekkers soos wrakke op die werf bly staan
En skaduwees donker langs die boorde gaan
Sal haar borste soos berge in die donker styg
Tot haar tepels styf teen die lakens vryf

Sussie se sweet, Sussie se sweep
Susssie se stockings, Sussie wil weet
Of sy jou kan vasbind, of sy jou kan streep
Of jy hard sal skree as sy jou bloots ry

Haar kappie sal sy afhaal net vir jou
Haar stewels sal sy opryg net vir jou
Haar tossels sal sy swaai net vir jou
Die ding in haar hand, die ding in haar hand
Hou sy reg om vir jou te brand

Sussie se sweet, Sussie se sweep
Susssie se stockings, Sussie wil weet
Of sy jou kan vasbind, of sy jou kan streep
Of jy hard sal skree as sy jou bloots ry

Woorde: Roof Bezuidenhout & Moord Greeff; musiek: Pat Plank

[6] SALOME SE LOT

Sy soek net ‘n plek vir haar en die laaitie
Ver van O’Hagan’s en die dorp se geraas
Sy was eers beïndruk met al die blink liggies
Maar die party is oor, net die hangover bly

Salome se lot: ketting en slot
Styf om die hart wat eens warm kon klop
Mense kon face, met groot oë na die toekoms kon kyk
Sy glimlag nog vriendelik vir al die vet beursies,

Skink nog ‘n bier, goudgeel, geen skuim
Maar iewers daar binne is ‘n droom wat wil doodgaan
‘n stroom wat wil oopgaan, ‘n siel wat wil rus
Salome se lot: ketting en slot
Styf om die hart wat eens warm kon klop
Mense kon face, met groot oë na die toekoms kon kyk

Saterdag en slaappilloos, laatnag radio moedeloos
Wag sy vir die oggendson, wag sy vir die son

Salome se lot: ketting en slot
Styf om die hart wat eens warm kon klop
Mense kon face, met groot oë na die toekoms kon kyk

Woorde: Brixton Barnard; musiek: Brixton Barnard & Pat Plank

[7] KLEURVOLLE TRADISIE

‘n Kleurvolle tradisie
Dans vir hul klandisie
Shopping centre word ‘n slagveld
En ek weet nou presies

Hoe Piet Retief gevoel het
Toe sewe duisend Zoeloes
Op die maat van Ipi Tombi
By sy deur aangekom het

Met hul krale en kaalvoete
Vat die Ultra City-roete
Koop ‘n poskaart en stuur groete
Vir die pisreën van Europa

Maar die’s nou ander tye
En ek swem hier teen getye
Ek word dalk net getuie
Vir my truth en my kommissie

Ek’s eintlik hier vir my toaster
En Morkels se belofte
Morkels se gelofte
Wat ek breek kan ek terugbring

Die toaster was my lighter
My heater in die winter
Nou lê hy hier in splinters
Voor jou deurmat

Maar terug na shopping centres

En kleurvolle tradisies
Vetmaak televisies
En die kakste wet nog
Rookverbode shopping centres
Boikot!

Woorde & musiek: Brixton Barnard

[8] GOUD IN MY BRANDY EN COKE

Sewe maal sewe, voetpaadjies vol skewe stene
‘n groot, barmhartige dors in my gene
‘n potsierlike pouveer in my oupa se hoed
Die mooiste tieroog is steeds soek

Op my tong is daar skimmel wat wag op die reën
Ek suig reeds van vroegoggend aan brandewyn se speen
Nog net ‘n paar teue van my brandewynglas
Dan is daar ‘n woud waar die skimmel was

Sewe borrels goud in my brandewyn en Coke
Voel my tong word stadig, grappig oud
Hoor jy die ysblokkies roekeloos giggel
Oor die swenkende gang van die druppel

In my mond is daar ‘n oer-oue oerwoud
Die put van my keel moet lei na riwwe van goud
Maar daar is ‘n spelonk diep in my bors
Wat reken op my barmhartige dors

Sewe wewenaars swerf deur die woud
Elke een op soek na die tieroog van goud
Maar hoor hulle tussen die takke die mineur
Waarop die spelonk in my bors resoneer

Sewe borrels goud in my brandewyn en Coke
Voel my tong word stadig, grappig oud
Hoor jy die ysblokkies roekeloos giggel
Oor die swenkende gang van die druppel

Dis my bors wat verlang na jou asem
Soos ‘n oergesteente wat wasem
Jou weerklank is klip en wolk
Geen plek daarvoor in my bors, die spelonk

Sewe borrels goud in my brandewyn en Coke
Voel my tong word stadig, grappig oud
Hoor jy die ysblokkies roekeloos giggel
Oor die swenkende gang van die druppel

Woorde: Moord Greeff; musiek: Roof Bezuidenhout

[9] LISA FORWARD

Lisa Forward, ek voel so awkward
In die southern comfort van my Morkelsstel
Lisa Forward, my song het drie chords
Ek drink ‘n lang quart en ek dink aan jou

Ek wens ek was ‘n rock star
So I can meet some porn stars
Ek wens ek was ‘n pimp
En nie ‘n bankklerk nie

Lisa Forward, wat ‘n drawback
Ek’s ‘n square cut, bierpens diaken in my kerk
Lisa Forward, ek hou die score board
‘n Huis, ‘n vrou, ‘n hond en internet

Ek wens ek was ‘n rock star
So I can meet some porn stars.
Ek wens ek was ‘n pimp
En nie ‘n bankklerk nie

Lisa Forward, ek surf al lank rond
Op die web, hard-up en wellustig vir jou
Lisa Forward, ek sit met die chordless
Ek bel die chatlines, maar dink net aan jou

Ek wens ek was ‘n rock star
So I can meet some porn stars
Ek wens ek was ‘n pimp
En nie ‘n bankklerk nie

Woorde: Brixton Barnard & Roof Bezuidenhout; musiek: Brixton Barnard

[10] STIL OU

Voorskrif vir jou depressie
Dokters wat omgee in sessies
Groepsterapie sit in ‘n sirkel
Maar jy weet hul praat in sirkels

En jy wil lostrek
Jy wil lostrek, trek

Koppe moer toe blaas
Verslagte sê dit gaan nou beter
Niks meer drank, gesonde eter
Hulle dink hulle’t jou gefigure
Maar jou vinger’s op die trigger

En jy wil lostrek
Jy wil lostrek, trek
Koppe moer toe blaas

Want die dinge hang te swaar op jou gemoed
Jy’t dit lank onderdruk, nou vang dit spoed
En die lemme hardloop op jou matras
Jy gaan ons almal nog verras

En jy wil lostrek
Jy wil lostrek, trek
Koppe moer toe blaas

Jy was ‘n stil ou

Woorde & musiek: Brixton Barnard

[11] DAGBOEK VAN ‘n SWERWER

My dae is getyloos
Behalwe vir die weer
En Woensdag is maar Maandag
Met net een letter meer

Die vreemdelinge lyk maar
Soos elkeen wat ek ken
En elke nuwe vreugde
Is dienskneg van die pen

Ek skryf van al my reise
Se aanvang, slot en sin
Breedvoerig, in die diepte
Maar eintlik skryf ek min

Woorde: Koos du Plessis; musiek: Karla du Plessis

[12] TERAPIE

Kyk hoe ry hulle mooi in ‘n ry
Tog so posh in hul karre verby
Dis Vrydag en die naweek het gekom om te bly
Vir net twee dae sodat die middelklas

In die tuin kan spit en hulle karre was
En op Sondag bid en ewe bedees
Vra dat die rentekoers stabiel sal wees
Dat hulle goeie nuus in die koerant mag lees

Maar ek sit al van twaalf-uur by die bar
Ek het gekom om my sielkundige raad te vra
Sy naam is Jack en sy van is Daniels
Terapie is intensief tot jou kop weer reg is

My sielkundige weet hoe om vrae te vra
Om soms te swyg en stiltes te verdra
As daar nou een ding is wat nie by ons pas
Is dit die psychobabble van die middelklas

Tog neem ek soms deel aan groepsterapie
Met ‘n luck shot ‘n bietjie slaapterapie
Die metodes is dalk effe onkonvensioneel
Die skokterapie raak soms een te veel

Maar ek sit al van twaalf-uur by die bar
Ek het gekom om my sielkundige raad te vra
Sy naam is Jack en sy van is Daniels
Terapie is intensief tot jou kop weer reg is

Ek draai my kar se boeg in die rigting van die huis
Geen kaart word benodig om die pad te wys
Uit blote gewoonte moet ek baie keer ry
Want sulke terapie is so goed vir my

Sit die tv aan en die videomasjien
Om saai smut te kyk wat ek lankal wou sien
My oë kyk weer reguit na die hoofpynpil
En die stemme in my kop het nou ophou gil

Maar ek sit al van twaalf-uur by die bar
Ek het gekom om my sielkundige raad te vra
Sy naam is Jack en sy van is Daniels
Terapie is intensief tot jou kop weer reg is

Sommige mense drink bier vir ontbyt
Om die hangover te nurse na die tyd
Ander neem vodka saam met lemoensap
Om bewende hande vas te vat

Ek ken ‘n dude wat sy spek in brandy braai
En het jy al mampoer oor jou pap getry
Persoonlik verkies ek iets minder ryk
My medisyne onbesoedel, veral met ontbyt

Maar ek sit al van twaalf-uur by die bar
Ek het gekom om my sielkundige raad te vra
Sy naam is Jack en sy van is Daniels
Terapie is intensief tot jou kop weer reg is

Jy sien, my midlife crisis kom toe veels te gou
En jaag my in die arms van ‘n ander vrou
Vir haar is dit toe altyd net ‘n fling
En hier’s ek op my eie, jy sien

Maar ek sit al van twaalf-uur by die bar
Ek het gekom om my sielkundige raad te vra
Sy naam is Jack en sy van is Daniels
Terapie is intensief tot jou kop weer reg is

Woorde & musiek: Roof Bezuidenhout

[13] TRANE VAN ‘n TERRORIS

Nou ja toe, weer stukkend, sien die wêreld van ‘n wolk daar bo
Ek’s die laaste van die valke wat waghou oor die Klein Karoo
Ek’s ‘n kinderkransdanser met lomp voete wat die beat verloor
‘n Stemgebreekte sanger geskop uit die Drakensbergse koor

Maar ek sing nie vir jou, my dier
Ek sing nie vir jou, my dier

Ek is kakiebos-ellende, ou Bockstraat-legende, het behoort
Aan die mielieraad, die vleisraad, die kerkraad en by my vakansieoord
Kon ek jaarliks met ‘n braaipak en ‘n slaaisak in my eie kak vergaan
In die aande my frustrasie op ‘n ou houtkitaar uitslaan

Maar ek sing nie vir jou, my dier
Ek sing nie vir jou, my dier

Warm stoom, water uit die bron
Doringboom, ek’s eensaam soos die son
Gaan stadig dood, sout krap aan my tong
Gaan stadig dood, sout krap aan my tong

Maar ek’s president, was ‘n cowboy-prent
Charles Jacobie heaven sent, meneer
Was Joel Stransky se famous skop
Vir eenmaal kon ons hul opfok, regeer

Was ‘n prinses in ‘n BMW
Het die drome van die AWB beheer
Kom stokstyf voor die TV sit
My Engelse onderwyseres begeer

Was ‘n baksteen in ‘n Duitse muur
‘n Boswell Wilkie Sirkus-tier, ‘n tier
Was die konstabel wat jou aangluur
Biko in sy laaste uur, sy uur

Was die trane van ‘n terroris
Die hangups van die Antichris en hier
Sit ek nou, arms gevou
Vals en flat sing en nou vol bier

Ek sing nie vir jou my dier

Woorde & musiek: Brixton Barnard

© Brixton Moord & Roof Orkes

CREDITS VAN DIE CD AF:

‘Terug in Skubbe’ is opgeneem by One F Studios, Mugu Studios en Die Pastorie in Johannesburg van Maart 2004 tot Februarie 2005.

Opname by One F Studios deur Paul Riekert

Opname by Mugu Studios deur Peter Auret, bygestaan deur Marius Oosthuizen

Opname by Die Pastorie deur Pat Plank

Gemeng en gemaster deur Paul Riekert, behalwe ‘Paul van der Zandt’ gemeng deur Peter Auret

Alle woorde, musiek, stemme en instrumente deur die Brixton Moord en Roof Orkes, behalwe ‘Dagboek van ‘n swerwer’, woorde deur Koos du Plessis, musiek deur Karla du Plessis; asook Peter Auret: bykomende perkussie op ‘Paul van der Zandt’; Joanne Jaques: agtergrondstem op ‘Kleurvolle tradisie’; Paul Riekert: orrels op ‘Goud in my brandy en coke’ en ‘Dagboek van ‘n swerwer’, agtergrondstem op ‘Trane van ‘n terroris’;

Dankie aan: Paul Riekert, Peter Auret, Marius Oosthuizen, Karla du Plessis, Mariska Geyer; the Church of England of St Albert in the Fields vir die gebruik van hulle katedraal se pyporrel; die Falliese Mannekoor; Piet Planter vir die gebruik van toerusting waarvoor hy hard in Londen gewerk het; Albert du Plessis, Liny Kruger en almal by Rhythm Records en Bowline; Arnold the Grey vir ondersteuning en die kitaar.

Spergebied

Spergebied is die Brixton Moord & Roof Orkes se eerste album, wat in 2002 deur Rhythm Records vrygestel is.

Luister op Spotify, Apple Music, Tidal, ens.

Rhythm Records se mediaverklaring vir die vrystelling van die CD in 2002:

Die Brixton Moord & Roof Orkes se Debuut-CD, “Spergebied”, word Vrydag, 3 Mei by The Bohemian in Richmond gelaunch.  Nog ‘n Brixton band, Damn the Icbergs, sal by die geleentheid optree.

“Spergebied” word deur Rhythm Records versprei. Die produksie is deur Paul Riekert van Battery 9-faam behartig, en is tussen November 2001 en Januarie 2002 by RP Studios (M3) en One-F Studios in Johannesburg opgeneem.  Die CD bevat ‘n aantal gunstelinge van die band se songs wat handel oor “heel alledaagse” onderwerpe soos oorlog, misdaad, dwelms, drank, emigrasie en road rage.  Hulle enigste liefdeslied, “Witwolke”, is ook op die CD beskikbaar.

“Ons hou die songs oor seks, soos ‘Sussie se Sweep’ en ‘Wie is Lisa Forward?’ maar vir ons volgende CD,” sê Roof Bezuidenhout, sanger en kitaarspeler:  “Ons wou ook nie te vinnig ‘n CD uitbring nie.  Ons dink dis belangrik om eers self jou musiek na die mense toe te vat om te sien wat hulle daarvan dink.  Maar nou begin hulle te veel moun omdat ons nog nie ‘n CD het nie.”

Die band is pas terug in Johannesburg na ‘n aantal landwye optredes, insluitende die Jack Daniel’s Deconstruction Music Festival naby Nigel, die Willie Smit Festival by Oppikoppi in Northam, en Kaktus op die Vlaktes en die Tassenberg Stalteater by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

Die Brixton Moord & Roof Orkes is een van ‘n nuwe generasie Afrikaanse rock bands wat volg in die spore van mense soos Koos Kombuis, Valiant Swart en Johannes Kerkorrel.  Soos Pieter Redelinghuys in Insig (Desember 2001) skryf: “Vandag se kragtige Afrikaanse musiekgroepe gee Afrikaans skop in rock, pop, folk, hip-hop, punk en selfs boeremusiek en ghoema.” Hy noem Diff-olie, Gramadoelas, Beeskraal, Plank, Brixton Moord en Roof Orkes, Spinnekop, Akkedis, Duusman, Brasse Vannie Kaap, en Battery 9 as voorbeelde.

Op die oomblik bestaan die band uit Brixton Barnard op baskitaar, Moord Greeff op tromme en brandewyn, Roof Bezuidenhout op stemme en kitaar, en Kapelaan Pat Plank op lead kitaar.  Musikaal wissel die band se styl tussen melancholiese folk-klanke van songs soos “Asyn” en “Geraamtes in jou kas”, tot die harde rock van “Road Rage” en “Brixton-dae”.

“Dit kan sommige mense afsit,” sê Inspekteur Mary Martins-Engelbrecht oor die gevaar dat die Brixton Moord & Roof Orkes dalk verkeerdelik met die polisie verbind kan word.  Sy het die band al op “Geraas” gesien (Beeld, 27 Desember 2000).  Ongelukkig maak sommige mense nog die fout om te dink die Brixton Moord & Roof Orkes is ‘n polisie-blaasorkes, in plaas van die Afrikaanse rock band van Johannesburg wat hulle wél is.

“Dit is vir ons baie snaaks dat die eenheid óns naamgenoot is,” sê Moord Greeff, die band se tromspeler en skrywer van sommige van hulle lirieke.  Intussen is die polisie se Brixton Moord en Roof Eenheid gesluit om plek te maak vir die Johannesburgse Ernstige Gewelddadige Misdaad Eenheid.

Die band is einde 1999 deur Roof en Moord in Brixton begin toe hulle by die Abelarde Sanction begin optree het.  (Dit het gehelp dat dit binne kruipafstand van beide se huise is). Die Abelarde Sanction is ‘n berugte kroeg in Brixton waar vele bands hulle tande op die live scene slyp.  Sommige van hulle, soos Sunways, Karen Zoid, en Zen Arcade, is nou al bekend, maar baie ander is net eenvoudig só underground dat hulle waarskynlik nooit tot ‘n groter mark sal deurdring nie.

Gelukkig het die Brixton Moord & Roof Orkes vinnig vooruit gegaan, en reeds in April 2000 vir die eerste keer by die Oppikoppi Easter Festival opgtree.  Sedertdien het hulle nog drie keer by Oppikoppi gespeel.  Benewens ‘n verskyning by Aardklop in Potchefstroom, sluit ander venues waar hulle die afgelope twee jaar opgetree het Up The Creek (Hatfield, Pretoria), Bugsy’s Beat Bar (Randburg, Johannesburg), Cool Runnings (Wonderboom, Pretoria), The Nile Crocodile (Lynwood, Pretoria) en Oppistasie (Sannieshof) in.  Hulle het ook al verskynings gemaak op TV programme soos “Geraas”, “Kwêla” en “Draadloos”, en (meestal) gunstige artikels in publikasies soos Beeld, JIP, Insig, The Wire, De Volkskrant, en die Burger losgeslaan.

Uittreksels uit resensies:

Afrikaans music in the folk or folk/rock style has been around for ages, producing excellent song writers like the superb Koos du Plessis and Koos Kombuis, reflecting many aspects of life in South Africa. This album carries on in that fine tradition. Spergebied (restricted or no-go area) is an incredibly frank and honest look at Joburg and its people, particularly those living in the south. No-go areas of the human psyche, despair, hope, deterioration, love and violence are confronted with humour, anger, irony and sensitivity using brilliant imagery. Die Geraamtes in Jou Kas takes an evocative look at the township war and the effect it has left on the young conscripts in the Casspirs. Don’t let me give you the impression that this album is all doom and gloom. There is a great balance and serious fun, some great lines and good music that will leave you wondering when the next Brixton Moord en Roof Orkes CD will be coming out.
– Etienne Creux, Pretoria News, 21 August 2002

Hoor die sirenes van een nul trippel een / hoor die skote in Westbury klap / die sente van ‘n bedelaar, die rande van ‘n pusher / koop nie die vrede wat ons almal voor wag… want soos al die dae, al die dae / soos al die dae was vandag maar kak… Só sing Roof Bezuidenhout op “Brixton Dae”, een van twaalf snitte op die Brixton Moord en Roof Orkes se treffende debuut-CD, “Spergebied”. Daar is volop verwysings na lewe in die stad – misdadigers, padvarke, drank- en dwelmlustiges, geldwolwe en sukkelaars skuur skouers en kry lewe op snitte soos “Geen Land”, “Road Rage”, “Dronk op jou eie”, “As die yuppies jodel” en “Sewe rand vir die maand”. BMRO se rock het egter sy voete geplant is sterk folk-elemente. Dis op enkele snitte waar die angry rockdraak sy vuur spuug (vernaam “Road Rage”). Die res is akoesties van aard en dus sag genoeg om met oorgawe na BMRO se priemende lirieke te luister. “Spergebied” is ‘n knap debuut, ondanks die feit dat dit situasies en plekke skets wat plattelanders en diegene buite die geteisterde grense van Egoli dalk vreemd of onbekend sal vind. Die aggressie sou meer woema gehad het met ‘n elektriese kitaar in die groep (wat ná hierdie opname wel gestalte gekry het in die vorm van Pat Plank). Die vooruitsig laat ‘n mens uitsien na BMRO se opvolg-CD, want Afrikaanse rock het liriekskrywers soos hierdie nodig.
– Pieter Redelinghuis, Insig

Firmly in the middle of the new wave of Afrikaans rock bands, BMRO plays driving folk rock – kind of like Koos du Plessis had he ever heard Nirvana. Yes, they’re really from Brixton, and with the bearded Andries Bezuidenhout at the helm and the eclectric Esme Eva Kwaad as occasional sidekick, they’re becoming a live act to be reckoned with. Their debut album is uncomplicated in sound an filled with great songs (good lyrics is one of their hallmarks) about women, drinking, Jo’burg, yuppies, road rage and life in general. ‘Brixton-dae’ is a classic already, with our heroes waiting for ‘beter dae, want vandag was kak.’ ‘Geen Land’ looks beyond SA’s kak and crime to possible saviours, while ‘Dronk Op Jou Eie’ explores the familiar beauty of getting drunk on your own: ‘Ek wil hurk in die gorrel van ‘n bottel/ Ek wil skuil in die stilte tussen teue.’ On the whole, music that will make you feel better the moring after you did something reprehensible.
– Toast Coetzer, SL Magazine, Desember 2002/Januarie 2003

Every now and then (quite often, actually) I get tired of listening to songs about Nashville, Tennessee, New York, New York, Route 66 and the Vietnam war. Loud applause greets Bruce Springsteen everytime he sings about his Jersey Girl and being Born in the USA. But these (and other) songs mean very little to a born and bred South African like myself. Where are the songs written from the South African perspective about life and living in South Africa? Well, actually there are plenty. A few recent English-speaking (or should that be singing and rapping) artists, like Moodphase 5ive and Syd Kitchen, sing about life as it really is in South Africa, but if you really want songs about Jeffreys Bay, driving through the Karoo, Port St Johns, buying drugs in Stellenbosch and picking up girls from the Strand, listen to the Afrikaans rock poets. There are far too many to name here, but one of the newest Afrikaans rock bands to sing about real life in South Africa are the Brixton Moord en Roof Orkes (Brixton Murder and Robbery Band). To quote their website: “Brixton” here does not refer to the Brixton in London, but to a suburb of Johannesburg, South Africa. The name of the band refers to a notorious police unit (now disbanded), that was stationed in the suburb… On their debut album ‘Spergebied’ (Restricted Area) they sing about the dark side of South Africa, based on their own very real experiences. There are songs about living and jolling in Brixton and Melville (Brixton-Dae), the merits of getting drunk on your own (Dronk op jou eie), road rage (err, Road Rage) and a song for those that leave SA for greener pastures (Geen Land). And I love those little soundbites that link the songs: “this is the final call for passengers Barnard, Greef and Bezuidenhout delaying British Airways flight to London…” and “you have no new messages”. ‘Geraamtes in jou kas’ is about the nightmares that are suffered by the soldiers that had to go into the townships to “maintain the peace”. “Jy onthou die vure/ en die wiele van ‘n Casspir/ en die reuk van brandende rubber/ deur die neus van jou gasmasker”. This is not a very cheerful album on the lyrical side, but the music really rocks. So, to mis-quote Syd (Kitchen, not Barrett), this CD is not for sissies, but the brave listener who ventures into this Restricted Area will be rewarded with some very unrestricted Afrikaans Rock.
– Brian Currin, SA Rock Digest, April 2002

SPERGEBIED – LIRIEKE

[1] WAG

Stewels in die nag
‘n Perron wat wag
Daar’s reën op die ruit
Die vlae waai traag Suid

Steeds geen teken
Niks om op te reken
Ooit weer die streling?
Glim die koue reling

Die perron is verlate
Die spore vol gate
Die sement swyg koud
Die nag is oud

Steeds geen teken
Niks om op te reken
Ooit weer die streling?
Glim die koue reling

Was dit daar ‘n voetstap
Digby die deur wat klap?
Die vlae lag luid
Daar’s spore op die ruit

Steeds geen teken
Niks om op te reken
Ooit weer die streling?
Glim die koue reling

Nou die sinjaal wat lag
Steeds bly dit nag
Daar’s dou op die ruit
Die vlae wil muit

Steeds geen teken
Niks om op te reken
Ooit weer die streling?
Glim die koue reling

Woorde: Moord Greeff, musiek: Roof Bezuidenhout

[2] BRIXTON-DAE

Hoor die seine van die Brixtontoring
Volg die ritme van die honde wat blaf
Bingo in Highstraat, junkies wat lag
Maar ons sit tevrede in die Abelarde en wag

Vir beter dae, beter dae
Beter dae, want vandag was kak

Hoor die sirenes van een nul trippel een
Hoor die skote in Westbury klap
Die sente van ‘n bedelaar, die rande van ‘n pusher
Koop nie die vrede wat ons almal voor wag

Want soos al die dae, al die dae
Soos al die dae was vandag maar kak

Ek hoor daar’s ‘n kraak in die watertoring
Maar Khetso gee ons geld vir die Wêreldbank
Nie ‘n boom in sig in downtown Brixton
Wat wil white trash nou met koelte maak?

Gee my beter dae, beter dae
Beter dae, want vandag was kak

Gee jou hart vir Hillbrow, sy skop jou in die gat
Melville gee jou sooibrand, Rosebank steel jou geld
Yeoville is te hectic en Orangegrove te ver
Maar in Brixton wag ons in die local bar

Vir beter dae, vir beter dae
Beter dae, want vandag was rêrig nie baie nice nie

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[3] GEEN LAND

Daar is geen land, so ver of woes geleë
Land van vrede, land van vrees
Land van rykdom, land verwees
Land van dood en land van hoop
Land waar kinders deur rommel loop

Ons dans tussen soekligte en doringdraad
Drink en juig tot die daeraad
Pille vir depressie, wyn vir die pyn
Ons hoop op vrede, maar ons wag op die kaptein

Daar is geen land, so ver of woes geleë
Land van liefde, land van haat
Land van waagmoed en verraad
Shopping malls en polisiestasies
Land wat baie offers vra

Ons dans tussen soekligte en doringdraad
Drink en juig tot die daeraad
Pille vir depressie, wyn vir die pyn
Ons hoop op vrede, maar ons wag op die kaptein

En as jou vliegtuig eindelik land
Jou paspoort stewig in jou hand
‘n Nuwe land met ‘n nuwe lewe
Dink aan ons soos ‘n slegte gewete

Waar ons dans tussen soekligte en doringdraad
Drink en juig tot die daeraad
Pille vir depressie, wyn vir die pyn
Ons hoop op vrede, maar ons wag op die kaptein

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[4] WITWOLKE

Bo my is die onmeetlike blou
En ek laat my asem saggies uit
Om vir jou witwolke te stuur
Want witwolke is soos woorde
En wanneer hulle lag
Sal ek weet hulle streel oor jou vel
En kleur dit die geur van jasmyn

My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem

En as ek my oë toemaak
En na my wit wolke luister
Dan hoor ek hoe hulle skater
In die blou van jou oë

My witwolke moet saam met jou reis
Sodat jy van my dink soos van wolke wat wasem

Woorde: Moord Greeff, musiek: Roof Bezuidenhout

[5] AS DIE YUPPIES JODEL

Jou program vir elke dag
Is uitgewerk vir gemak
Jy trap jou spore diep
Idees vir verbruik verpak
Jou oë kyk na vore
Beplan die dag van môre

Jy eet drie borde
Ambisie vir brekfis

Daar’s Ray-Bans voor jou oë
Aktetas in jou hand
Kantoor hoog in ‘n toring
Bankbestuurder aan jou kant
Jou kar is blink, baie flink
ʼn CV vol sukses wat wink

Jy eet drie borde
Ambisie vir brekfis

Ek sien jou in ‘n straatkafee
Nuutste kliënt wat jou verveel
Maar jy praat en jy scheme, neem maar deel
Want daar dollars, ponde, nooit te veel
Vir ‘n man soos jy wat in Melville bly
Wat nooit genoeg van alles kry

Jy eet drie borde
Ambisie vir brekfis
En jy spoel dit af met ‘n glas gewete

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[6] INKVIS

Ek en die inkvis sit op die bus
‘n Luilekker Woensdag hang in die lug
Niks is meer heilig, hulle het alles gestop
Melville se swembad vol rubble geprop

Nou ek en die inkvis, ons swem lank nie meer
Maar ons dink aan die kinders, hul hartseer, hul seer
Niks meer bikini, niks meer duikplank
Johannesburg versoen hom met ‘n babelaas stank

En Dali, Dali
Salvador Dali se se prent hang skuins

Ja ek en die inkvis bemoei ons met kuns
Partykeer vir lêplek, partykeer vir wins
Fleamarket is ‘n fokkop, our paintings won’t sell
Ons hou van diep kleure, nie huisvroupastel

Ek en die inkvis, ‘n thousand new schemes
Share sewe nuggets, die American Dream
Swem in die balle, ry op die swings
Daar’s ‘n vriendelike stem in die camel masjien

Maar Dali, Dali
Salvador Dali se prent hang skuins

Dit is die end van die maand se rent
Die rent is by die bar gespend
The Putco bus is calling us
Driver where you’re taking us?
Deur die hart van die goudmasjien
Kan ons ‘n waiter kry om ons te bedien?

Ek en die inkvis, ons kyk vir die straat
Die ANC posters, die fashion soldaat
Niks is meer heilig, hulle het als gestop
Die bands by Roxy vir techno gedrop

Nou ek en die inkvis, ons dans lank nie meer
Terrible kopseer en voete wat keer
Sit op die TV, kyk na die muur
Die bure is stil en die ou lady suur

En Dali, Dali
Salvador Dali se prent moer af

Woorde en musiek: Brixton Barnard

[7] WESKUSBABELAAS

Soos die strukture van stomp in die vuur verdwyn
En die maan se lig oor die see ophou skyn
As ‘n tekort aan paraffien die lamp laat ophou brand
En ‘n misbank te laag gaan lê oor die sand

Dan het die oggendstond ‘n nasmaak in die mond
Van die vorige aand se vangs van mensevlees

Soos die laaste gesprek uit ‘n huis uitlek
En die ou man en ou vrou na elders vertrek
As slegs leë wynbottels op tafels aanhou kuier
En die sonbesies skree om slapendes te wek

Dan het die oggendstond ‘n nasmaak in die mond
Van die vorige aand se vangs van mensevlees

Jy sing ‘n ode vir die Weskus voor die mis verdwyn
En sluk die knop in jou keel weg met ‘n laaste bietjie wyn
Jy kyk uit oor die water, dink aan die skuite en die see
Aan jou lewe en aan die dag wat jy jou laaste asem gee

Dan het die oggendstond ‘n nasmaak in die mond
Van die vorige aand se vangs van mensevlees

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[8] SEWE RAND VIR DIE MAAND

Soms is jou pay tjek net-net te klein
Om ‘n bachellor huishouding te dra
En jou overdraft is gulsiger vir geld as vir wyn
Voor die landlord eers begin om sy deel te vra

Sewe rand oor vir die res van die maand
Sewe rand oor en ‘n halfjack
En jou petroltenk suig aan die laaste dampe
Van ‘n kwart tenk: jou laaste geskenk
Van ‘n hitch hiker geruil vir ‘n lift

Die weeluise wemel weer in jou matras
Die gate word groter en groter in jou jas
In die oggend knoop jy nog trots aan jou das
Maar daar’s ‘n jogurtvlek op die punt wat jou verras

Sewe rand oor vir die res van die maand
Sewe rand oor en ‘n halfjack
En jou petroltenk suig aan die laaste dampe
Van ‘n kwart tenk: jou laaste geskenk
Van ‘n hitch hiker geruil vir ‘n lift

Aan die begin van die maand is jy gelukkig en ryk
Met geld in die bank kan die depressie wyk
Jy eet McDonalds in plaas van sardiens en brood
Maar na ‘n week is dit maar brandewyn vir hoop

Sewe rand oor vir die res van die maand
Sewe rand oor en ‘n halfjack
En jou petroltenk suig aan die laaste dampe
Van ‘n kwart tenk: jou laaste geskenk
Van ‘n hitch hiker geruil

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[9] ASYN

‘n Paraffienlamp brand in jou kamer
Langs ‘n spieël met ‘n houtraam
Sewe duiwels dans om jou voete
‘n Swerm eilandvoëls in jou naam

Jy kyk ver en verby
Na wat ander vermy

Daar’s ‘n skeermeslem op jou tafel
En ‘n bottelnek in jou keel
‘n Comic strip lag van onder jou tong
En ‘n stormwind waai deur jou are, jong

Jy kyk ver en verby
Na wat ander vermy

Dis net vir jou wat jou bed in die lug hang
Dis net jy wat daai kleure sien
Vir ander lyk dit maar grys en kaal
Dis hulle wat jou wil kom haal

Jy kyk ver en verby
Na wat ander vermy

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[10] DRONK OP JOU EIE

Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Met ‘n bottel en net een glas
Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Is jy seker van die smaak van jou pyn
Weet jy hoe proe jou pyn
Hoog die glas, jou gewete lag sag
Haar mond was rond, die vorm van ‘n wond

Skel skyn die lig van my kombuis
Alles is stil, net die yskas wat suis
My voete word kouer maar my kop kry warm
As die druppels langs my mond nog talm

Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Met ‘n bottel en net een glas
Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Is jy seker van die smaak van jou pyn
Weet jy hoe proe jou pyn
Hoog die glas, jou gewete lag sag
Haar mond was rond, die vorm van ‘n wond

Ek wil hurk in die gorrel van die bottel
Ek wil skuil in die stilte tussen teue
Maar ek leef in spasie tussen bottels
Soos my huis van vrede in die storms verweer

Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Met ‘n bottel en net een glas
Daar’s meriete in dronkword op jou eie
Is jy seker van die smaak van jou pyn
Weet jy hoe proe jou pyn
Hoog die glas, jou gewete lag sag
Haar mond was rond, die vorm van ‘n wond

Kyk, die son val in druppels af teen my bors
Buite reën die blare, maar ek bly dors
Laat die oggend maar reën en die nag vergaan
Dit is ‘n bottel waarop my huisie staan
Daar’s meriete in dronkword op jou eie

Woorde: Moord Greeff, musiek: Roof Bezuidenhout

[11] DIE GERAAMTES IN JOU KAS

‘n Hand kom deur jou venster
En jou gloeilamp is ‘n oog wat loer
Jou plafon bult in van bo af
En naels krap van onder jou vloer
Want jy weet, jy weet
Die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Die klere vroetel rond in jou trommel
En jou stewels dans in die kas
Jou rugsak het begin oopgaan
En grynslag saam met jou jas
Want jy weet, jy weet
Die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Jy onthou die stof
Van ‘n township se strate
En die haat in die oë
Aan die end van jou geweer
Want jy weet, jy weet
Die geraamtes in jou kas het begin kriewel

Jy onthou die vure
En die wiele van ‘n Casspir
En die reuk van brandende rubber
Deur die neus van jou gasmasker
Want jy weet, jy weet
Die geraamtes in jou kas het begin kriewel

So, trek jou hoed oor jou oë
Vir Sharpeville en vir Boipatong
En swaai aan jou droom
Sodat jou skoene nooit nat word
Van die modder op die grond
Hier en daar gemeng met bloed
Want jy weet, jy weet
Die geraamtes in jou kas sal aanhou kriewel
Die geraamtes in jou kas sal ewig kriewel

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

[12] ROAD RAGE

Ek vat die oprit na die snelweg
My voet hop tussen petrol en rem
Agter die dieseldampe van ‘n seventies Benz
Gee gas dat ek suurstof kan wen
Ek kry road rage, road rage, road rage

‘n Suutjiespoep met ‘n een punt drie
Blok jou pad in die regterbaan
Ek skiet links verby dat ek vinnig kan ry
Maar daar’s ‘n trok wat botstil staan
Ek kry road rage, road rage, road rage

Druk daai masjien tot dit tweehonderd sien
Natnaai in die Porche, waar gaan jy miskien
Laat die bande suis, laat die wiele gons
Dié pad is te klein vir die twee van ons
Want ek’t road rage, road rage, road rage

Flash jou brights vir my en jy sal kak
Daar’s ‘n baseball bat in my kattebak
En road rage, road rage, road rage

Woorde en musiek: Roof Bezuidenhout

© Brixton Moord & Roof Orkes