Die Groot Ska-benga – musiekvideo

‘n Nuwe video uit ‘n baie ou movie vir ‘n ou song, maar nie so oud soos die movie nie. So iets. Ter verduideliking, ‘n uittreksel uit ‘n e-mail van Andries aan Gerhard en Ockert:

‘My kop is nog in vintage movies waarvan die kopiereg verval het. Dit pla my al lank dat ons geen musiekvideo’s vir Bazaar Punk het nie. Ek het met “Duiwelsbrood” begin, want ek hou veral van hoe over the top die ou horror movies is, veral as die vroue gil – ek het gedink die song het ‘n Gothic gevoel nodig […] Toe soek ek hard na ou movies met ‘n dominatrix vir “Die Groot Ska-benga”. Bestaan ongelukkig nie, maar ek het toe ‘n lekker een uit 1925 gevind – Lady of the Night is die movie se naam. In plaas van ‘n klomp movies aanmekaar las, dog ek toe ek gaan kyk of ek ‘n musiekvideo uit net een movie kan maak. Ek hou van die spanning wat tussen die storie in die song en die storie in die movie uitspeel – die storielyne is verskillend, maar albei handel oor mans wat grootmoedig is en dan hulle gatte sien. Die movie gaan oor veel meer, maar ek het daai een storielyn in die danssaal gaan uithaal. Die dansery werk lekker saam met die track. Die kennisgewing teen die muur wat “cheek to cheek dancing” verbied is vir my baie snaaks. Dis nogal ‘n tema in die toneel.’

Words and images – news on the band’s involvement in poetry, sculpture and video

News from the Brixton Moord & Roof Orkes is that work on a new album has started. A number of new compositions are already on the boil and the recording of one of the tracks has been completed. But band members are also busy with other creative outlets. As reported previously, the band’s drummer, Ockert Greeff, was the winner of the 2024 Vallum Chapbook poetry award. An insightful interview with him has just been published, with him commenting on the link between drumming and writing poetry. Read it here, or sommer just click on the image.

Other news is that Gerhard Barnard, otherwise the band’s guitarist and now also bass player, has produced a number of new sculptures. Some of these have already been sold by his gallery. His latest works have moved from abstract to figurative, with Barnard proving what he is capable of as sculptor.

Finally, Andries Bezuidenhout, the band’s rhythm guitarist and vocalist, is involved in a multidisciplinary exhibition titled “Juxtaposition and value” that will open at the University of Fort Hare’s campus in eDikeni on 19 February. The exhibition, and a corresponding colloquium, explore the interconnectedness of water, energy and food. Bezuidenhout has produced a video for this upcoming exhibition, with music that draws on guitar and bass tracks recorded by Gerhard Barnard for the band’s forthcoming album. The video documents a mural art project at the Mdantsane Art Centre near East London in the Eastern Cape.

Einde van dae – musiekvideo

“Einde van dae” kom van die album Slaaptyd in the suburbs, aanvanklik in 2014 vrygestel. Tien jaar later het die band die album van die rak af gehaal, afgestof en ‘n nuwe mix daarvan gemaak. Aan die woord is wyle Brixton Barmard – die video is aan hom opgedra.

Ontdekkersweg – musiekvideo

“Ontdekkersweg” kom van die album Strate sonder bome (2023). Oor als wat ‘n mens tweedehands op Ontdekkersweg kan vind – met ‘n toepaslike country twang. Ontdekkersweg verbind Mogale City (voorheen Krugersdorp) aan Johannesburg. As jy daarin ry, in Johannesburg se rigting, mond die straat uiteindelik in Brixton uit. Jy kan die Brixton-toring sien, al van Florida se kant af. Die video is in Ontdekkersweg deur Simon van Garderen en Andries Bezuidenhout verfilm, met bystand deur Lukas van Garderen, en is deur Simon van Garderen geredigeer.

Tape deck begrafnisbrief – musiekvideo

Van die album Strate sonder bome. Moord Greeff het die woorde geskryf na ‘n besoek aan Nicaragua, waar hy gesien het hoe mense musiek op sulke outydse boombokse speel terwyl hulle in ‘n begrafnisstoet ry. Kapelaan Pat Plank en Roof Bezuidenhout het die musiek gekomponeer. Die video is meestal van Brixton se strate, waar die tonele wat Moord in sy liriek beskryf afspeel. Die video is ook Apple Music en Tidal beskikbaar.

Strate sonder bome – musiekvideo

“Strate sonder bome” is die band se vyfde album se titelsnit. Die woord eis deur Moord Greeff geskryf en die melodie is ‘n samewerking tussen Roof Bezuidenhout en Kapelaan Pat Plank. Die videomateriaal kom uit Brixton se strate en die nagkarlane tussen huise – waar die nagkarre eeue gelede deur die voorstad gery het om slopemmers uit te gooi. Die lied gaan oor hoe ‘n mens soms op onwaarskynlike plekke ‘n werklike tuiste kan vind, al besef jy dit dalk nie op daardie stadium nie. Opgedra aan al die wegloperhonde.

Fransman se jas – musiekvideo

“Fransman se jas” kom van die band se vyfde album, Strate sonder bome. Woorde en musiek deur Roof Bezuidenhout. Die videomateriaal kom van die dorp Willowmore in die Karoo, op die pad tussen Uniondale en Graaff-Reinet, asook die pad tussen Kopenhagen en Berlyn. ‘n Lied oor tralies en vryheid.

Top Star – musiekvideo

Musiekvideo vir “Top Star” van die album Strate sonder bome. This music video contains English text that explains the history of the Top-Star Drive-In in Johannesburg. It was situated on top on one of the city’s many mine dumps and had spectacular views of the city skyline.

Roof Bezuidenhout

Foto: Carina Laubscher

Roof Bezuidenhout, soms ook bekend as Andries Bezuidenhout, is saam met Moord Greeff een van die Brixton Moord & Roof Orkes se twee stigterslede. Hy woon in Alice in die Oos-Kaap. Hy is ‘n musikant, digter en skilder. In die band speel hy meestal akoestiese kitaar en sing. Hy het ook die band se laaste twee albums by sy tuis-studio gemeng. Hy is verantwoordelik vir tracks soos “Geraamtes in jou kas” van die album Spergebied, “Spoed” en “Fortuinverteller” van Terug in skubbe, asook “Vrou op die trein in die skildery” van Strate sonder bome.

Volg Roof op YouTube.

Roof se persoonlike website, met musiek, kuns, gedigte, ens.

Vrou op die trein in die skildery – musiekvideo

Nuwe musiekvideo van die Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde album Strate sonder bome (op 16 Desember 2023 beskikbaar). Die liriek gaan oor ‘n vrou wat alleen op ‘n trein sit, sy het rooi hare, sy lees ‘n tydskrif en drink sjampanje. Die sanger in die song wonder oor haar – sy lyk eensaam, maar ook of sy ‘n nuwe vryheid gevind het. Sy laat hom dink aan ‘n skildery van Ed Hopper, met ‘n soortgelyke toneel. Die video is met behulp van kunsmatige intelligensie gemaak, met ‘n estetika uit die 1930s – ‘n tipe art deco gevoel, soos in Hopper se realistiese skilderye van daardie tyd.