Die Groot Ska-benga – musiekvideo

‘n Nuwe video uit ‘n baie ou movie vir ‘n ou song, maar nie so oud soos die movie nie. So iets. Ter verduideliking, ‘n uittreksel uit ‘n e-mail van Andries aan Gerhard en Ockert:

‘My kop is nog in vintage movies waarvan die kopiereg verval het. Dit pla my al lank dat ons geen musiekvideo’s vir Bazaar Punk het nie. Ek het met “Duiwelsbrood” begin, want ek hou veral van hoe over the top die ou horror movies is, veral as die vroue gil – ek het gedink die song het ‘n Gothic gevoel nodig […] Toe soek ek hard na ou movies met ‘n dominatrix vir “Die Groot Ska-benga”. Bestaan ongelukkig nie, maar ek het toe ‘n lekker een uit 1925 gevind – Lady of the Night is die movie se naam. In plaas van ‘n klomp movies aanmekaar las, dog ek toe ek gaan kyk of ek ‘n musiekvideo uit net een movie kan maak. Ek hou van die spanning wat tussen die storie in die song en die storie in die movie uitspeel – die storielyne is verskillend, maar albei handel oor mans wat grootmoedig is en dan hulle gatte sien. Die movie gaan oor veel meer, maar ek het daai een storielyn in die danssaal gaan uithaal. Die dansery werk lekker saam met die track. Die kennisgewing teen die muur wat “cheek to cheek dancing” verbied is vir my baie snaaks. Dis nogal ‘n tema in die toneel.’