Moord en die Kapelaan gaan groot in die VSA

‘n Nuwe gedig deur Ockert Greeff – of Moord Greeff, soos die Brixton Moord en Roof Orkes se drummer bekend is – is pas in die New Ohio Review gepubliseer. Sy gedig se titel is “The Hair Cutting”. Die band is nogal trots om sy naam saam met iemand soos Billy Collins in die Review se inhoudsopgawe te sien. Lees Ockert se gedig hier.

Verder het ‘n gelukkige koper van een van Gerhard Barnard se beeldhouwerke ‘n foto gestuur van hoe die beeldhouwerk nou in ‘n woonstel in New York lyk. Gerhard is natuurlik ook bekend as Kapelaan Pat Plank, die band se kitaarspeler. In die foto’s hier onder is drie van Gerhard se nuutste beelhouwerke – die een in die middel is die werk wat nou op die kaggel in New York staan.

Om van Gerhard se beeldhouwerke te koop, kontak die galery wat hom verteenwoordig.

Monopoly shuffle – musiekvideo

‘n Track van die album Strate sonder bome (2023). ‘n Lighartige een oor die ou, tweetalige Suid-Afrikaanse uitgawe van die bordspel Monopoly. Baie van die strate op die bord het nou ander name, of het heeltemal van karakter verander. ‘n Mens kon ook die verstommende bedrag van R10 wen as tweede prys in ‘n skoonheidskompetisie.