Mense soos ons – musiekvideo

“Mense soos ons” kom van die album Strate sonder bome (2023). Dit gaan oor drie dekades se musiekvenues in Brixton, Johannesburg – Jargonelles, die Abelarde Sanction en Breezeblock. Die video het footage van Brixton se strate, asook foto’s – meestal van mense wat in die Abelarde Sanction rondgehang het. Sommige van hulle het heeltemal te vroeg uitgeklok. RIP, julle weet wie julle is. Jy ook, Mark Bennett.

Brixton se vure – musiekvideo

“Brixton se vure” is die laaste track op die album Strate sonder bome. Dit gaan oor die plekke waar lede van die band hulself bevind – die refrein gaan so:

Alice of Asfodel, Pringlebaai of Montreal
Wat bepaal of jy vlieg of val
Of van watter kant van Brixton se rand
Jy nou dophou hoe die vure brand?

Daar is ook ‘n verwysing na die Grieks-Egiptiese digter Konstantin Kavafi se gedig “Ithaka” – ‘n deurlopende tema op die album.