Die Bolandse punk band Raaskopleef het ‘n cover van die Brixton Moord en Roof Orkes se track “Spoed” opgeneem. Soos dit ‘n uitstekende cover version betaam, is dit veel meer as ‘n cover – hulle het dit ook met een van hulle eie songs gekombineer. Lees ‘n gesprek tussen Roof Bezuidenhout en Louis Duvenage van Raaskopleef op LitNet.
Tag: Spoed
Spoed – musiekvideo
“Spoed” kom van die Brixton Moord en Roof Orkes se tweede album Terug in skubbe. Die video is in Brixton en Jan Hofmeyr in Johannesburg verfilm. Die oorspronklike digitale weergawe van die video is vir ewig verlore, so hierdie weergawe is ‘n bootleg weergawe wat iemand van die TV af verfilm het. Die band hou nogal van die gritty kwaliteit.