Van die album “Bazaar punk” (2022). Iemand wat van die Kaap af terug Johannesburg toe ry op soek na iets wat hy daar verloor het en steeds nie kan vind nie. Van die teks in die video se agtergrond kom uit ‘n hoofstuk deur die historikus Charles van Onselen met die titel “The Main Reef Road into the Working Class” uit ‘n klassieke boek oor Johannesburg se geskiedenis. Main Reef Road sterk van Springs tot Randfontein en trek ‘n streep van die Oos-Rand dwarsdeur Johanneburg se suide, tot by die Wes-Rand. Daar is ook verwysings na ander straatname, soos Robert Broom en Beyers Naude. In Afrikaans word “Main Reef Road” vertaal as Hoofrifweg, maar min van ons Johannesburgers gebruik die Afrikaanse naam. ‘n Video oor herkoms en vervreemding en wat gebeur as die son jou deur jou kar se voorruit verblind.

