Fransman se jas – musiekvideo

“Fransman se jas” kom van die band se vyfde album, Strate sonder bome. Woorde en musiek deur Roof Bezuidenhout. Die videomateriaal kom van die dorp Willowmore in die Karoo, op die pad tussen Uniondale en Graaff-Reinet, asook die pad tussen Kopenhagen en Berlyn. ‘n Lied oor tralies en vryheid.

Top Star – musiekvideo

Musiekvideo vir “Top Star” van die album Strate sonder bome. This music video contains English text that explains the history of the Top-Star Drive-In in Johannesburg. It was situated on top on one of the city’s many mine dumps and had spectacular views of the city skyline.

Vrou op die trein in die skildery – musiekvideo

Nuwe musiekvideo van die Brixton Moord & Roof Orkes se vyfde album Strate sonder bome (op 16 Desember 2023 beskikbaar). Die liriek gaan oor ‘n vrou wat alleen op ‘n trein sit, sy het rooi hare, sy lees ‘n tydskrif en drink sjampanje. Die sanger in die song wonder oor haar – sy lyk eensaam, maar ook of sy ‘n nuwe vryheid gevind het. Sy laat hom dink aan ‘n skildery van Ed Hopper, met ‘n soortgelyke toneel. Die video is met behulp van kunsmatige intelligensie gemaak, met ‘n estetika uit die 1930s – ‘n tipe art deco gevoel, soos in Hopper se realistiese skilderye van daardie tyd.

Babelaas in Brixton – musiekvideo

“Babelaas in Brixton”, van die Brixton Moord en Roof Orkes se vyfde album Strate sonder bome (op 16 Desember 2023 vrygestel). Woorde en musiek deur Kapelaan Pat Plank (oftewel Gerhard Barnard).

Spoed – musiekvideo

“Spoed” kom van die Brixton Moord en Roof Orkes se tweede album Terug in skubbe. Die video is in Brixton en Jan Hofmeyr in Johannesburg verfilm. Die oorspronklike digitale weergawe van die video is vir ewig verlore, so hierdie is ‘n geredigeerde video van ‘n bootleg weergawe wat iemand van die TV af verfilm het. Die band hou nogal van die gritty kwaliteit.

Vis – musiekvideo

“Vis” is die opening track van die Brixton Moord en Roof Orkes se album Terug in skubbe. Die video is in die Bohemian in Richmond, Johannesburg verfilm. Die song se woorde is deur Moord Greeff geskryf en die musiek deur Kapelaan Pat Plank. Toe die video verfilm is, het Moord reeds in Kanada gewoon en Andy Evans was die band se drummer vir live shows in daardie stadium.