Duiwelsbrood – musiekvideo

Van die album Bazaar Punk. Die video gebruik materiaal uit ‘n klomp vintage horror films, sommige uitstekend en klassiek, ander so swak dat die horror in komedie verander. Die materiaal kom meestal uit die films se lokfilms (trailers), o.a. die klassieke gruwelfilm “Nosferatu” (1922) uit Duitsland, “The Ghoul” (1933), “The House on Haunted Hill” (1959), “Carnival of Souls” (1962), “The Old Dark House” (1932), “The Body Snatcher” (1945), “Master of Horror” (1965) en “Attack of the 50 Foot Woman” (1958), op tragikomiese wyse seker een van die swakste films wat ooit gemaak is. Daar is ook beelde uit boeke wat in die ou dae in Afrikaanse skole voorgeskryf is, veral uit die Trap der jeug-reeks, wat in die song genoem word. Musiek en woorde deur Kapelaan Pat Plank.